<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensvaardighede

Graad 2

Reise

Module 6

Oppad skooltoe

Oppad skool toe.

  • Elke dag moet mense by hulle werk kom of jy en jou maats moet by die skool kom.

- Hoe kom jy by die skool?

- Wat gebeur alles langs die pad soos jy skool toe kom?

- Baie mense maak elke dag van dieselfde roete gebruik. Wat help ons om elke dag veilig by ons werk of by ons skool te kom?

  • Padreëls is nie net vir voertuie nie, maar moet ook deur die voetgangers gehoorsaam word. Byna die helfte van die baie mense wat elke jaar op ons paaie in ongelukke gedood word, is voetgangers. Dit is baie belangrik dat voetgangers die padreëls ken en dit gehoorsaam.
  • Skryf ‘n paar belangrike padreëls wat jy ken, neer. Kyk na die woorde tussen hakies om jou te help. (sypaadjie; regs; speel; randsteen)
  • Wanneer jy skool toe kom, moet jy oplet watter padtekens daar langs die pad is om die voetgangers te help om veilig by hulle bestemming te kom.
  • Watter padtekens het jy gesien? Teken dit.

  • Waar is die veiligste plek vir ‘n voetganger om ‘n pad oor te steek? Teken ‘n prentjie.

  • Jy sal nie al die padreëls op ‘n padteken langs die pad sien nie en daarom is dit belangrik dat jy die reëls moet ken.
  1. Indien daar nie ‘n voetoorgang naby is nie, is dit belangrik om die kortste roete oor die pad te neem.

Indien daar nie ‘n sypaadjie langs die pad is nie, is dit baie belangrik dat jy sover as wat moontlik is regs van die pad moet stap. Dan is die motors wat van voor af kom aan jou kant van die pad.

3. Dra helder klere wat maklik sigbaar is.

Die padreëls maak dit veiliger om ons paaie te gebruik. Ons het orals reëls om ons lewe veiliger te maak. Ons ouers het reëls in ons huise om alles vir ons veiliger te maak. By die skool is daar ook reëls om ons lewe gesond en veilig te maak. Ons regering maak ook reëls vir al die mense in ons land.

  • Dink aan die reëls in jou klas. Maak tekens vir die klaskamer om mekaar te herinner hoe om op te tree in die klas. Dink aan die padreëls wat jy gesien het en teken dit op dieselfde manier. Teken van hierdie reëls op groter plakkate en sit dit in die klas op.
  • Jou skool moet ‘n veilige plek wees waar jy kan werk en speel. Die reëls help om seker te maak dat almal weet wat om te doen. Soms word daar van ons verwag om dinge te doen wat nie in ‘n reëlboek staan nie.
  • Wat is alles verkeerd in hierdie kleedkamer?
  • Bespreek die prente met jou juffrou.
  • Bespreek in ‘n groep oplossings vir die probleme.
  • Wat kan jy doen om die ander leerders daaraan te herinner dat hulle die skool moet respekteer en oppas?
  • Maak opskrifte en plakkate om leerders bewus te maak van hoe om die skoolgrond te versorg.
  • Verbeel jou jy reis deur die land. Speel die speletjie om te sien hoe jy vorder. Jy sal ‘n dobbelsteentjie nodig hê, of jy kan sommer ‘n papierkubus maak en die kante 1 tot 6 nommer.
  • Elke dag gee ons nog ‘n tree in ons lang reis. Watter reis is dit? Watter reis dink jy kan dit wees?
  • Juffrou sal jou verder hiermee help.
  • Ons reis deur die lewe kan baie moeilik wees. Ons moet onthou dat ons nie alleen reis nie. Ons vriende en familie reis saam met ons.
  • Dink aan ‘n maat wat jy graag saam met jou op reis sal wil neem. Skryf sy/haar naam neer.
  • Waarom dink jy sal die persoon die regte maat vir jou reis wees?

Questions & Answers

what is defense mechanism
Chinaza Reply
what is defense mechanisms
Chinaza
I'm interested in biological psychology and cognitive psychology
Tanya Reply
what does preconceived mean
sammie Reply
physiological Psychology
Nwosu Reply
How can I develope my cognitive domain
Amanyire Reply
why is communication effective
Dakolo Reply
Communication is effective because it allows individuals to share ideas, thoughts, and information with others.
effective communication can lead to improved outcomes in various settings, including personal relationships, business environments, and educational settings. By communicating effectively, individuals can negotiate effectively, solve problems collaboratively, and work towards common goals.
it starts up serve and return practice/assessments.it helps find voice talking therapy also assessments through relaxed conversation.
miss
Every time someone flushes a toilet in the apartment building, the person begins to jumb back automatically after hearing the flush, before the water temperature changes. Identify the types of learning, if it is classical conditioning identify the NS, UCS, CS and CR. If it is operant conditioning, identify the type of consequence positive reinforcement, negative reinforcement or punishment
Wekolamo Reply
please i need answer
Wekolamo
because it helps many people around the world to understand how to interact with other people and understand them well, for example at work (job).
Manix Reply
Agreed 👍 There are many parts of our brains and behaviors, we really need to get to know. Blessings for everyone and happy Sunday!
ARC
A child is a member of community not society elucidate ?
JESSY Reply
Isn't practices worldwide, be it psychology, be it science. isn't much just a false belief of control over something the mind cannot truly comprehend?
Simon Reply
compare and contrast skinner's perspective on personality development on freud
namakula Reply
Skinner skipped the whole unconscious phenomenon and rather emphasized on classical conditioning
war
explain how nature and nurture affect the development and later the productivity of an individual.
Amesalu Reply
nature is an hereditary factor while nurture is an environmental factor which constitute an individual personality. so if an individual's parent has a deviant behavior and was also brought up in an deviant environment, observation of the behavior and the inborn trait we make the individual deviant.
Samuel
I am taking this course because I am hoping that I could somehow learn more about my chosen field of interest and due to the fact that being a PsyD really ignites my passion as an individual the more I hope to learn about developing and literally explore the complexity of my critical thinking skills
Zyryn Reply
good👍
Jonathan
and having a good philosophy of the world is like a sandwich and a peanut butter 👍
Jonathan
generally amnesi how long yrs memory loss
Kelu Reply
interpersonal relationships
Abdulfatai Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensvaardighede graad 2. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11104/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensvaardighede graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask