<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Oefen in ‘n groep om te wys watter verskillende maniere julle liggame kan buig en draai. Maak ook verskillende bewegings vorentoe en agtertoe. Julle vertoning moet soos ‘n konsert wees waar die ander groepe vir julle kan kyk. Dink aan ‘n manier waarop julle die konsert kan aanbied sodat dit vir die ander groepe interessant sal wees om daarna te kyk.
ITEMS | JA/NEE |
‘n Inleiding | |
Draai- en swaaibewegings | |
Vorentoe beweeg en op drie verskillende maniere | |
Agtertoe beweeg op drie verskillende maniere | |
Hoe om julle vertoning af te sluit |
Assessering
Leeruitkomstes(LUs) |
LEWENSORIËNTERINGLU 2 |
SOSIALE ONTWIKKELING Die leerder kan begrip toon van en hom verbind tot grondwetlike regte en verantwoordelikhede, asook begrip toon van uiteenlopende kulture en godsdienste. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
2.3 eienskappe van ‘n goeie maat noem en redes daarvoor gee. |
LU 4 |
FISIESE ONTWIKKELING EN BEWEGING Die leerder kan begrip toon vir en deelneem aan aktiwiteite wat beweging en liggaamlike ontwikkeling bevorder. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
4.2 deelneem aan aktiwiteite om beheer, koördinasie en balans te ontwikkel in die basiese aksies van beweging, elevasie en rotasie;4.3 ekspressiewe bewegings of patrone ritmies kan uitvoer deur verskeie stimuli te gebruik. |
AARDRYKSKUNDELU 3 |
VERKENNING VAN VRAAGSTUKKEDie leerder kan ingeligte besluite oor sosiale en omgewingsvraagstukke en -probleme neem. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
3.1 omgewingsvraagstukke op die plek waar die leerder woon of skoolgaan identifiseer en beskryf (die vraagstuk);3.2 die faktore wat tot die probleem of vraagstuk aanleiding gee, beskryf (faktore wat die vraagstuk affekteer);3.3 die uitwerking van die vraagstuk op die plek en op mense (huis, skool, omgewing) identifiseer (faktore wat die vraagstuk affekteer);3.4 voorstel wat gedoen kan word om die probleem op te los en die plek waar die leerder woon of skoolgaan, te verbeter (maak keuses). |
NATUURWETENSKAPLU 1 |
WETENSKAPLIKE ONDERSOEK Die leerder kan met vertroue reageer op nuuskierigheid oor natuurverskynsels en kan verhoudinge ondersoek en probleme oplos in wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskontekste. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.1 Beplan : ‘n ondersoek as lid van ‘n groep beplan;1.2 Doen : onafhanklik of as deel van ‘n groep aan ‘n beplande aktiwiteit deelneem;1.3 Terugskou : wys en verduidelik wat gedoen is en hoe dit gedoen is. |
KUNS EN KULTUURLU 3 |
DEELNAME EN SAMEWERKING Die leerder kan persoonlike en interpersoonlike vaardighede deur individuele en groepdeelname aan kuns- en kultuuraktiwiteite toon. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
3.1 Dans : vrylik en met gemak deur ruimte beweeg, sowel binne as buite, terwyl afgespreekte fisieke, mondelinge en klankseine nagekom word. |
LU 4 |
UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE Die leerder kan veelvuldige vorme van kommunikasie en uitdrukking in kuns en kultuur ontleed en gebruik. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
4.3 Drama : poppespel, geanimeerde klippe, mieliekoppe of ander voorwerpe in dramatiese spel gebruik om eie idees en gevoelens uit te druk;4.6 Oorkoepelend : praat oor wat hy/sy in die eie omgewing gesien en gehoor het wat vir hom/haar betekenisvol is. |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Lewensvaardighede graad 2' conversation and receive update notifications?