<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Hoekom moes jy terug beweeg nadat jy uit die stroom water gedrink het? Bespreek waarom dit verkeerd was.
LEES DIE VOLGENDE GEDEELTE:
Water wat in ‘n stroom of rivier is, is nie altyd skoon nie. Daar kan baie redes wees waarom die water besoedel is. Indien dit naby ‘n klein dorpie is, kan dit maklik gebeur dat mense hulle wasgoed in die stroompies was of dat hulle die vuil water in die rivier gooi.
Wanneer dit dalk naby ‘n groot dorp of stad is, kan dit gebeur dat fabrieke hulle vuil water in die rivier pomp. Al is dit nie noodwendig mense wat die water besoedel nie, kan dit gebeur dat daar klein goggatjies en kieme in die water is.
Dink aan maniere hoe om die water veilig te maak om dit te kan drink. Skryf dit neer en bespreek die antwoorde met jou juffrou.
Water wat in ons krane is, is reeds gesuiwer, dus is dit veilig om dit te drink. Daar word chemikalieë bygevoeg om seker te maak dat kieme nie daarin kan leef nie. Water word gefiltreer. Dit is ‘n proses soos wanneer Mamma soms ‘n sif in die kombuis gebruik. Wat doen sy daarmee?
Juffrou sal vir jou ‘n houer met vuil water gee. Kyk of jy jou eie filtreerder kan maak om die water te suiwer. Wat sal jy gebruik? Maak ‘n lysie van al die apparaat wat jy gaan nodig hê en skryf dit neer.
Assessering
Leeruitkomstes(LUs) |
LEWENSORIËNTERINGLU 1 |
BEVORDERING VAN GESONDHEID Die leerder kan ingeligte besluite neem rakende persoonlike, gemeenskaps- en omgewingsgesondheid. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.1 bronne van suiwer en onsuiwer water en eenvoudige watersuiweringsmetodes beskryf;1.2 maniere om die huis- en skoolomgewing gesonder te maak voorstel en ondersoek;1.4 padtekens wat vir voetgangers relevant is, identifiseer en die betekenis daarvan verduidelik. |
EBWLU 1 |
EKONOMIESE KRINGLOOP Die leerder kan kennis en begrip van die ekonomiese kringloop binne die konteks van “die ekonomiese probleem” toon. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.5 die belangrikheid van en maniere om geld en ander hulpbronne soos water en elektrisiteit te bespaar en nie te vermors nie, beskryf. |
NATUURWETENSKAPLU 1 |
WETENSKAPLIKE ONDERSOEK Die leerder kan met vertroue reageer op nuuskierigheid oor natuurverskynsels en kan verhoudinge ondersoek en probleme oplos in wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskontekste. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.1 Beplan : ‘n ondersoek as lid van ‘n groep beplan;1.2 Doen : onafhanklik of as deel van ‘n groep aan ‘n beplande aktiwiteit deelneem;1.3 Terugskou : wys en verduidelik wat gedoen is en hoe dit gedoen is. |
KUNS EN KULTUURLU 4 |
UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE Die leerder kan veelvuldige vorme van kommunikasie en uitdrukking in kuns en kultuur ontleed en gebruik. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
4.3 Drama : poppespel, geanimeerde klippe, mieliekoppe of ander voorwerpe in dramatiese spel gebruik om eie idees en gevoelens uit te druk;4.6 Oorkoepelend : praat oor wat hy/sy in die eie omgewing gesien en gehoor het wat vir hom/haar betekenisvol is. |
Beklemtoon die belangrikheid van water as ‘n belangrike hulpbron (veral in ‘n land soos Suid-Afrika waar ons dikwels droogtes het) en dat dit bespaar, en nie gemors nie, moet word. Bespreek ook nog ‘n ander hulpbron wat ons soms as vanselfsprekend aanvaar, naamlik elektrisiteit. Hierdie hulpbronne moet met respek gebruik word net soos ons ook ons geld oordeelkundig gebruik.
(AARD. 1.4; K&K 4-Oorkoepelend).
Notification Switch
Would you like to follow the 'Lewensvaardighede graad 2' conversation and receive update notifications?