-
Home
- Natuurwetenskappe graad 9
- Kwartaal 2
- Ruimteprogram
Natuurwetenskappe
Graad 9
Die aarde, sterrestelsels en ruimteprogramme
Module 17
Ruimteprogramme
- Die ruimte-era het op 4 Oktober 1957 vir die mens begin toe
Sputnik I deur die voormalige Sowjet-Unie gelanseer is.
- Dit het bestaan uit ’n eenvoudige metaalbal wat slegs 84 kg geweeg het en ’n radiosender en ’n termometer bevat het.
- Vandag is daar amper elke week die een of ander lansering.
- Konstantin Tsoilkovsky (1857-1935) was ’n wiskunde-onderwyser wat lank gelede al die moontlikhede van vuurpyle, ruimtestasies en satelliete gesien het.
- Die Amerikaners het egter met hul
Apollo-sendings dit moontlik gemaak om die eerste persoon op die maan te laat loop. Dit het op 20 Julie 1969 moontlik geword met die Apollo 11-sending. Almal ken die woorde van Neil Armstrong: “One small step for man, one giant leap for mankind.”
- Ontledings, metings en rotsfragmente het meer lig gewerp op ons kennis van ons eie maan.
- Die “Near Shoemaker”-sending het dit vir die Amerikaners moontlik gemaak om suksesvol met ’n tuig op EROS (’n goot komeetfragment) te land (baie soos die dramatiese voorstelling in die rolprent “Deep Impact”).
- Die Amerikaners se pendeltuie het ’n nuwe era van tegnologie ten opsigte van rekenaarprogramme, spesiale metale en materiale, satellietlanserings en vele ander ontsluit.
- Groot rampe het hulle egter ook al afgespeel in die strewe na die bemeestering van ruimte. So het twee Amerikaanse pendeltuie al tot op hede ontplof – eers Challenger in Januarie 1986 (tydens lansering) en onlangs Columbia op 1 Februarie 2003. Columbia was die oudste van die tuie en was op sy 28ste vlug. Dit was die Amerikaners se 113de vlug en die eerste tragedie tydens ’n landingsprosedure.
- Ons eie Suid-Afrikaanse internetmagnaat,
Mark Shuttleworth , het op 25 April 2002 groot nuus gemaak deur die eerste Afrikaan in die ruimte te wees.
- Duisende Suid-Afrikaners en leerders het daagliks sy webruimte gelees en die artikels en nuus vanuit die ruimte verslind.
- Sy missie was om sekere eksperimente op die internasionale ruimtestasie (IRS) uit te voer en terselfdertyd waardevolle ervaring op te doen.
- Hier volg ’n kort uiteensetting van die sending:
Man uit afrika in ruimte
- OP 25 April word die Sojoes TM 34-vuurpyl van die Russiese ruimtesentrum by Baikonoer in Kazachstan gelanseer. Aan boord is Mark, Joeri Gidzenko en die Italianer Roberto Vittori.
- Kort na lansering gooi die vuurpyl sy brokstukke af en na ’n sukesvolle reis bereik die tuig twee dae later die Internasionale Ruimtestasie (IRS).
- Mark en sy reisgenote bring agt dae aan boord van die IRS deur en word saam deur duisende in die Suid-Afrikaanse hemelruim dopgehou.
- Mark voer verskeie belangrike navorsingeksperimente namens vooraanstande wetenskaplikes uit en win so belangrike navorsingsresultate en inligting in.
- Die span verlaat die IRS op 5 Mei 2002 en keer met ’n TM 33-Sojoes terug.
- Mark en sy makkers land veilig met die landingstuig wat met ’n valskermaksie aarde toe rem nadat dit deur die atmosfeer gebreek het.
Aktiwiteit 1:
Om ‘n mini-opstel oor mark shuttleworth se ruimte-avontuur te skryf
Besoek
www.africaninspace.com en skryf ’n mini opstel oor die waarde van Mark se eksperimente waarby hy in die ruimte betrokke was vir die mensdom.
Source:
OpenStax, Natuurwetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11068/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.