<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Assessering van MINI-OPSTEL:

Besef jy die waarde van die mens se pogings en wat die waarde van die aarde se volhoubare bronne is? Het jy waardering vir alle pogings?

[LU 3.1; LU 3.2]

Satelliete

  • ’n Satelliet is ’n struktuur wat om ’n planeet wentel. Die maan is die aarde se natuurlike satelliet.
  • Kunsmatige satelliete is strukture wat deur die mens gebou en gewoonlik met ’n vuurpyl gelanseer is. Hierdie tegnologie maak ’n wye verskeidenheid van informasie moontlik – iets wat ons nie voorheen sou kon doen nie. Veral die telekommunikasie-satelliete maak ’n groot impak op ons lewe. Dink maar net aan Telkom se werking en jou DSTV-dekodeerder.
  • Die Hubble Teleskoop het vir ons ongeëwenaarde beelde van die heelal gelewer, bv. die impak van die komeet Shoemaker-Levy wat teen Jupiter gebots het.
  • Hier in Suid-Afrika is ons eie sateliet, SUNSAT, deur ingenieurstudente en akademici van die Universiteit van Stellenbosch gebou. Dit is op 23 Februarie 1999 met die Delta 2-vuurpyl gelanseer, wat ook ’n Amerikaanse Lugmagsatelliet en ’n Deense satelliet gedra het. Dit dra afstandsensors en stuur baie hoë resolusiebeelde terug na ons. Duisende leerders is ook alreeds deur hierdie projek geïnspireer om die wetenskap verder te voer. ( www.sunstep.sun.ac.za )

Ruimtestasies

MIR

  • Die Russe het in1986 die ruimtestasie Mir lanseer. ( Mir beteken vrede en wêreld). Dit het uit ’n kern van sowat 17 m bestaan. Mettertyd is stukke soos Kvant 1 bygevoeg en baie persone het oor die jare heen daar gewerk en gewoon.
  • Baie probleme is egter met Mir ondervind, soos skade en kragonderbrekings, en op 23 Maart 2001 val dit in brokstukke terug na die aarde. Mense tussen Chili en Nieu-Seeland is gewaarsku en dit was wêreldwyd in die nuus.
  • Kyk gerus na www.cnn.com/SPECIALS/2001/mir/

Die IRS

  • Die IRS of Internasionale Ruimtestasie is ’n reuse-aardsatelliet wat op ’n hoogte van 355 km en teen ’n spoed van 27 000 km/h om die aarde wentel.
  • Verskeie lande help om die IRS stuk-vir-stuk uit te brei. Dit is die perfekte voorbeeld van internasionale samewerking tussen verskeie lande. Die idee is om dit teen 2006 teen ’n beoogde $370 biljoen te voltooi.
  • Laboratoriums binne die IRS sal wetenskaplikes in staat stel om die swaartekraglose omgewing te benut vir navorsing op:
  • chemiese reaksies;
  • landbouprodukte;
  • kweking van selle;
  • medisyne teen VIGS en ander siektes;
  • nuwe metaalallooie;
  • waarskuwingstelsels teen reusagtige asteroïedes; en
  • moontlik ook eendag ’n halfwegstasie tussen die aarde en die res van ons sonnestelsel.

Ruimteondersoeke

  • Dit is ook bekend as “space probes” en word meestal vanaf die aarde gelanseer. Die doel daarvan is om wetenskaplike eksperimente uit te voer.
  • Daar was die Viking-reeks wat ondersoeke na planete soos Mars gedoen het en in 1976 op Mars geland het. ’n Kleiner tuig, “Pathfinder”, het in 1997 op Mars geland en ondersoeke met die kruiptuig, die “Sojourner”, gedoen.
  • Pioneer 10 en 11 is weer verder die ruimte ingestuur en is al meer as 11 biljoen kilometer vanaf die aarde.
  • Voyager 2 het verby Saturnus, Uranus en Neptunus gegaan.
  • Die Cassini-Huygens ondersoektuig sal Saturnus in Julie 2004 bereik. Die Cassini wenteltuig sal om Saturnus wentel, terwyl die Huygenstuig op Saturnus se maan, Titan, sal land.
  • In April 2003 stuur die Britte die Beagle II met ’n Mars Express-eenheid wat teen Kersfees 2003 by Mars sou arriveer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11068/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask