<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Inleiding
Die ICS modules in Graad 3 moedig leerders aan om wyd te lees, fiksie sowel as nie-fiksie. Daar word baie geleenthede geskep vir leerders om te skryf, woordeskat uit te bou en taal te gebruik. Hierdie vaardighede word onderskryf deur tegnieke en strategieë om bewus te raak van klanke. Woordherkenning en begripsvaardighede word geoefen en nuwe klanke word sistematies aangeleer.
Die leeruitkomstes vir Graad 3 word doeltreffend geïntegreer sodat leerders kan skryf oor dit wat hulle gehoor het, bespreek het en gelees het. Die onderwerpe wat vir die modules gekies is, sal vir die leerders in Graad 3 interessant wees aangesien dit in hulle ervaringsveld val. Ander leerareas soos Wiskunde en Lewensoriëntering word ook dikwels geïntegreer.
Alle aspekte van geletterdheid soos in die leeruitkomstes en assesseringstandaarde vir Graad 3 uiteengesit word is vervat in die 8 modules . Met die vaslegging, konsoldering en toepassing hiervan asook die kritieke en ontwikkelingsuitkomstes sal leerders in staat wees om in hulle huistaal te kan dink en redeneer.
Tydskedule
Daar word voorgestel dat plus-minus twee modules per kwartaal voltooi word. Alle leerders behoort al agt modules deur te werk sodat hulle die nodige onderrig in skrifgeletterdheid en klanke kan ontvang.
Die gedig gaan oor verhoudings en gedrag. Die klas luister daarna, lees dit en bespreek die vrae.
Die storie gaan oor Debbie wat besef hoe dankbaar sy behoort te wees omdat sy ‘n gelukkige, onselfsugtige gesin het.
Aktiwiteite soos idiome en lettergrepe is ingesluit en leerders begin ook nou hul skryfwerk beplan. Hiervoor gebruik hul ‘n vloeidiagram.
Die klasprojek om geld in te samel, skep geleentheid vir die integrering van ander leerareas soos Tegnologie en Wiskunde.
Hoof- en kleinletters word met die skryf van rympies geoefen.
Die volgende groepe verkleinwoorde word aangeleer: boek – boekie; arm – armpie; toring – torinkie; pop – poppie; roos – rosie.
Liewe Dagboek,
Die koekverkoping het baie goed afgeloop. Daar was tafels vol lekkernye te koop. Ek het springmielies, lekkers, koekies en koeldrank gekoop.
Ek het die klapperkoekies vir Mams gebring. Ek weet dit is haar gunstelingkoekies. Sy het heerlik daaraan gesmul.
Chantel het mos dieselfde oorgekom as ek. Sy het ook vergeet van die koekverkoping met die gevolg dat sy toe nie geld saamgebring het nie. Ek was baie jammer vir haar, want amper was ek ook in daardie bootjie. Ek het toe aan my ma se onselfsugtigheid gedink en al my lekkernye met haar gedeel. Dit het my baie goed laat voel, want Mams leer ons altyd om te deel en vriendelik en behulpsaam te wees.
Ek dink die wêreld sal ‘n baie beter plek wees as elkeen van ons meer onselfsugtig kan wees en ons oë oophou om te help waar ons kan.
Nou is ek so vaak!
LU 3.2 | LU 3.3 |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 3' conversation and receive update notifications?