<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Leesstuk B
Leerders het ook pligte (Bron: Die Burger se Brieweblad, 26 Augustus 2003)
Die brief van Ontstoke ouer van Mosselbaai (Brieweblad, 23/8) het seker menige oud-onderwyser na die pen laat gryp. Die hedendaagse leerders het natuurlik ’n “bietjie meer regte”, soos die ouer dit stel, maar daarmee saam kom ook baie meer verantwoordelikhede.
Dis tyd dat ouers hul kinders leer dat daar soms tot 40 ander leerders in ’n klas is wat regte en verantwoordelikhede het. Almal betaal ewe duur vir hul reg op ’n ideale leeromgewing wat deur ’n gedissiplineerde skoolstelsel verseker moet word.
Moet skole begin dink aan kringtelevisiestelsels met ’n mediakamer waartoe ouers tydig en ontydig toegang het, sodat hulle kan kom inskakel en self sien wat die “onskuldige” leeders aanvang met hul demokratiese regte?
Pennie in die Armbeurs
Hermanus
Leesstuk C
Leerkragte se regte misken(Bron: Die Burger se Brieweblad, 3 September 2003)
Ek verwys na die brief “Gillers hoort nie in klas” (Brieweblad, 23/8). Dit is baie duidelik dat baie ouers dikwels nie weet wat in die klaskamer aangaan nie. Besef hulle dat sommige ouers hul kinders se swak gedrag in die klaskamer goedpraat?
Iemand het onlangs vir my gesê: “Ek wil my kind na ’n skool stuur waar dissipline is.” My antwoord was: “Stuur liewer ‘n gedissiplineerde kind skool toe.”
Die onderwysers probeer die kinders leer en opvoed, maar kry min hulp en simpatie van die ouers. Te veel ouers is bang om hul kinders op te voed. Die dingetjie is dan so oulik en bekkig.
Menseregte het hand uitgeruk en onderwysers se regte word misken. Ek sal graag wil sien dat diegene wat so maklik kritiseer, ’n paar weke lank onderwys gee.
M.F. Kuun
Somerset-Wes
Leesstuk D
Heroorweeg plan met skooldrag(Bron: Die Burger se Brieweblad, 9 September 2003)
Die departement van onderwys se plan om amptelike skooldrag af te skaf (DB, 5/9) is onsinnig. Besef hulle wat dit gaan beteken?
Ek noem net ’n paar van die implikasies van so ’n besluit:
Daar sal onmiddellik ’n duidelike skeidslyn tussen ryk en arm ontstaan as gevolg van die beter en duurder klere wat die ryk ouers vir hul kinders kan koop.
Dit sal die armer kinders net nog meer minderwaardig laat voel en kan selfs haat jeens die rykes aanwakker.
Amptelike skooldrag het baie te doen met skooltrots, veral omdat dit tot ’n eenheidsgevoel tussen die kinders bydra.
Seker die belangrikste implikasie is dié vir die klere- en skoenbedryf, wat al klaar sukkel. Honderde (indien nie duisende nie) mense kan hul werk verloor. Dit is juis die mense wat dit nie kan bekostig om sonder werk te wees nie.
Is amptelike skooldrag dan nou ook soveel duurder as gewone klere? Ek twyfel.
Ek hoop die departement van onderwys dink weer ernstig oor die saak voordat hierdie besluit geneem word.
Bertus van Rooyen
Klein-Brakrivier
(b) Skryf die persoon met wie jy die onderhoud gevoer het, se antwoorde (response) neer.
(c) Lees die antwoorde hardop sodat almal dit kan hoor en bespreek die betekenis van sommige woorde (jy kies watter woorde) in jou huistaal.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 8' conversation and receive update notifications?