<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
LU 2.5 | LU 3.6 | |||||||||
Assessering
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
LUISTERDie leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ’n wye verskeidenheid situasies te reageer. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit word bewys as die leerder: |
1.3 vir spesifieke inligting luister, eie eenvoudige aantekeninge maak en inligting gebruik om ’n tabel in te vul of byskrifte by ’n diagram te skryf. |
LU 2 |
PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ’n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer. |
Dit word bewys as die leerder: |
2.5 ’n onderhoud voer; vrae stel en formuleer en die korrekte toon, register en liggaamstaal gebruik, en die response aanteken. |
LU 3 |
LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer. |
Dit word bewys as die leerder: |
3.1 fiksie en nie-fiksie verhale lees; |
3.2 sommige elemente van poësie verstaan; |
3.3 sosiale tekste lees en daarop reageer; |
3.4 vir inligting lees (bv. grafiese diagramme en tabelle) en inligting opsom; |
3.6 leesstrategieë gebruik om leesbetekenis vas te stel; |
3.7 vir genot lees; |
3.8 begrip toon van die gebruik van naslaanwerke; |
3.9 ’n woordeskat van 5 000 tot 6 500 alledaagse woorde demonstreer. |
Memorandum
AKTIWITEIT 1
1. Eie vrae
2. Register
2.1 Verskillende taalstyle: bv. verskil tussen par. 1 en par. 2
2.2 Meestal formeel (die beriggewer se taal)
2.3 Verduidelik wat Standaardafrikaans is. Voorbeelde van streektaal uit Suid-Kaap: “…da’ wassie tyttie…”; “enigiemand” (uitspraak); “…oppie bus…”
2.4 Vier uitdrukkings wat tipies is van leerder se streek
2.5 (a) Lyftaal, taalstyl en inhoud moet gepas wees. Eie onderwerp en vrae.
(b) Eie response
(c) Lees response hardop. Daar is geleentheid vir remediëring, bv. woordorde.
Pendelaars sal moet opdok as Metrorail pryse opstoot
EDNA ISAACS
KAAPSTAD. -- Treinpendelaars gaan binnekort meer moet opdok wanneer Metrorail se prysverhoging van 6,3% op 1 September in werking tree.
Me. Riana Jacobs, woordvoerder van Metrorail in die Wes-Kaap, het gesê daar is jaarliks 'n verhoging en verskeie faktore, waaronder inflasie, word in aanmerking geneem.
Pendelaars het gister gemengde gevoelens oor die verhoging gehad.
Me. Rose Bella (34) van Khayelitsha pendel die afgelope twee jaar na Kaapstad en bestee maandeliks sowat R82 aan treingeld.
Bella het gesê sy hoop dié verhoging dra tot beter dienste by. "Ek kry gedurig verkoue omdat baie treine nie vensters het nie," het sy gesê.
Nóg 'n pendelaar, mev. Rosemary Wil liams van Plumstead wat al langer as vyf jaar trein ry, meen die verhoging is billik. Treine wat laat is en sonder vensters is, is die probleme wat sy uitgelig het.
Me. Pumla Butsaka van Langa pendel die afgelope twaalf jaar na Kaapstad en sy meen daar moet eerder slegs elke derde jaar 'n verhoging van treingeld wees.
Volgens Butsaka, wat by 'n winkel op die Kaapstadse stasie werk, bly haar inkomste dieselfde terwyl die koste van treinry jaarliks styg.
Me. Leanne Fisher, 'n 19-jarige student, pendel daagliks van Mitchells Plain na Kaapstad.
Fisher meen die treinkoste is billik omdat ander vervoermiddels veel duurder is.
Vir nog inligting oor prysverhogings kan Metrorail se kliëntediens gebel word by 0 0800 656 463. V eisaacs@dieburger.com
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 8' conversation and receive update notifications?