<< Chapter < Page Chapter >> Page >
Kwartaal Termyn begin Termyn eindig
1 2003:01:22 2003:03:28
2 2003:04:08 2003:06:27
3 2003:07:22 2003:09:26
4 2003:10:06 2003:12:05

5.1 Skryf die datum van die eerste dag van die tweede kwartaal voluit (volgens die lang skryfwyse).

5.2 Skryf die datum van die laaste dag van die vierde kwartaal voluit (volgens die lang skryfwyse).

5.3 Hoe lank was die vakansie tussen die eerste en die tweede kwartale? Gee die antwoord in weke en dae.

5.4 Hoe lank was die vakansie tussen die tweede en derde kwartale? Skryf stellings om te verduidelik hoe jy dit bereken het en gee die antwoord in weke en dae.

5.5 Hoe lank was die vakansie tussen die derde en vierde kwartale? Gee die antwoord in weke en dae.

6. Hannes is 'n geesdriftige visserman. Hy het die hoogwatertye bestudeer omdat hy van plan was om gedurende die Junie-vakansie van die rotse af te gaan hengel. Bestudeer self hierdie uittreksel uit die Tabel van Hoogwatertye in Kaapstad en beantwoord die vrae wat volg.

Datum Junie Julie
vm. nm. vm. nm.
1 0407 1630
2 0443 1707
3 0523 1748
sekere datums is hier weggelaat
28 0222 1448
29 0256 1521
30 0331 1555

6.1 Kyk na die oggend se hoogwatertye. Beskryf die patroon. Is dit altyd dieselfde?

  • Volg die namiddag se hoogwatertye 'n soortgelyke patroon? Skryf ja of nee.

By Knysna is dit 43 min. later hoogwater. Hoe laat in die oggend sal dit op 30 Junie by Knysna hoogwater wees?

  • Hoeveel tyd verloop tussen die oggend en namiddag se hoogwatertye op 28 Junie?

Wanneer ons tyd optel of aftrek, moet ons onthou dat ons met ure, minute en sekondes werk.

60 sekondes = 1 minuut

60 minute = 1 uur

Voorbeeld: 1 h 45 min. + 2 h 36 min. Kies jou eie manier om dit te doen

Een manier om die berekening te doen is as volg:

1 h 45 min. +2 h 36 min. = 3 h 81 min. (Let op dat daar 1 h in hierdie minute weggesteek is.)

= 4 h 21min.

7. Bereken die antwoorde en skryf jou berekeninge neer:

7.1 53 min. en 48 sek. + 14 min. en 34 sek.

7.2 14 h 25 min. - 7 h 36 min.

Aktiwiteit 4:

Om verskillende maniere om tyd voor te stel wat deur verskillende kulture deur die geskiedenis heen gebruik is, te beskryf en te illustreer [LU 4.4]

OPDRAG (GEBASEER OP NAVORSING)

Jou opvoeder sal jou help om naslaanboeke met toepaslike inligting te kry of sal jou na die biblioteek neem wanneer jy inligting vir hierdie opdrag nodig het.

1. Lees die volgende inligting.

Mense van die Antieke Wêreld het nie horlosies soos ons s'n gehad nie, maar hulle het wel probeer om tyd te meet. Sommige van die instrumente wat hulle hiervoor gebruik het, was die sonwyser, die wateruurwerk ( water clock) , 'n kers wat as uurwyser ( candle clock ) gedien het; brandende olie en 'n uurglas (hourglass). Sommige van hierdie uurwerke was nie uiters akkuraat nie.

2. Soek inligting in naslaanboeke of op die Internet om uit te vind hoe hierdie instrumente gelyk het en hoe hulle gewerk het. Probeer ook om uit te vind deur watter mense die verskillende uurwerke gebruik is en waar hulle gewoon het.

  1. Kies vier van die instrumente wat onder nommer 1 genoem word. Teken hulle en voorsien jou tekening van duidelike byskrifte.

4. Verduidelik hoe enige twee van hierdie instrumente gewerk het.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11100/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask