<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
4 Middelwaarde-probleme
A | 10 000 | 10 000 | 12 000 | 12 000 | 14 000 | 14 000 | 16 000 | 16 000 | 18 000 | 18 000 |
B | 1 000 | 2 000 | 3 000 | 4 000 | 5 000 | 6 000 | 7 000 | 8 000 | 9 000 | 95 000 |
5 Mislei deur grafieke.
Hier’s drie grafieke – bekyk die eerste.
Die grafiek wys hoe ’n sekere maatskappy se uitvoere binne ’n jaar gestyg het van ongeveer R16 miljoen na ongeveer R19 miljoen – die maande is op die х-as en die bedrag in miljoene op die y-as.
Daar is nie leuens in die grafiek nie – die y–as begin by nul, en die lyn wys ’n matige opwaartse neiging in uitvoerbedrae.
Dis maklik om te lees en te verstaan.
Die direkteure van die maatskappy is egter nie tevrede nie. Hulle wil hê meer mense moet in die maatskappy belê. Om dit aan te moedig, besluit hulle om al daardie wit papier bo en onder die grafiek te verwyder deur die y-as waardes te verander.
Hierdie grafiek is steeds eerlik, maar dit mislei ons op die y-as. Dit lyk na ’n dramatiese toename in uitvoere – beginnende by amper niks.
Ons kan heelwat meer doen deur die grafiek ’n bietjie te rek – dalk sal moontlike beleggers hierdeur beïndruk word.
Hier het ons nou uiteindelik ’n heelwat meer indrukwekkende grafiek.
Kyk hoe steil is die grafiek – hierdie maatskappy groei darem lekker!
Dit is belangrik om te bevestig dat al die waardes wat ’n grafiek verstaanbaar maak, gegee word. Partykeer is daar nie waardes langs die asse nie – nutteloos as ’n mens inligting soek. Moenie veel waarde heg aan ’n grafiek wat nie die hele verhaal vertel nie – iemand probeer jou dalk ’n rat voor die oë draai.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Wiskunde graad 9' conversation and receive update notifications?