<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Groep A | 82 | 78 | 57 | 91 | 29 | 80 | 85 | 49 | 82 | 67 | 99 | 68 | 83 | 12 | 87 | 86 | 38 | 81 | 58 | 79 |
Groep B | 72 | 82 | 74 | 84 | 81 | 84 | 76 | 12 | 2 | 71 | 70 | 93 | 13 | 90 | 80 | 73 | 91 | 70 | 99 | 88 |
Hieruit maak ons ’n tak-en-blaar grafiek met Groep A links en Groep B regs. In elke waarde word die tiene van die ene geskei. Die tak word deur die tiene gevorm, in die middel af. Elkeen van die ene kom nou langs die gepaste tiensyfer (links of regs volgens die groep).
Bestudeer die grafiek saam met die tabel tot jy presies sien waar elke waarde uit die tabel lê.
Regs is dieselfde gegewens in twee horisontale staafdiagramme; een links en die ander regs.
Dis ’n baie algemene en handige manier om data oor twee groepe wat jy wil vergelyk, te vertoon. Vind uit oor demografiese grafieke van jou aardrykskunde-opvoeder. Hierdie soort grafiek word gebruik vir demografiese piramides. Hulle toon dikwels die ouderdomme van die bevolking van ’n land, met vrouens aan die een kant en mans aan die ander. Kyk of jy so ’n grafiek kan opspoor.
AKTIWITEIT 2
Om nie om die bos gelei te word deur swak ingesamelde gegewens of slegte grafieke nie.
[LU 5.5]
Statistiese gegewens kan ons soveel vertel, en grafieke maak statistieke so eenvoudig om te begryp, dat dit maklik is om verkeerde afleidings uit statistieke te maak, of te dink dat iets waar is bloot omdat die grafiek dit so laat voorkom.
Statistici doen waardevolle werk – ons benodig inligting, en ons benodig betroubare inligting.
1 Eerstens kan sake verkeerd loop as ons inligting verkeerd insamel. Dink weer aan die oefening oor die TV-nuus. As jy jou vrae by vulstasies vra, dan kry jy net mense wat ’n motor besit (of ten minste een bestuur). Dit beteken dat mense wat nie bestuur nie, deur jou opname geïgnoreer word. Dalk sou hulle antwoorde jou gevolgtrekking verander het. Ons kan nie sê nie – ons kan dit slegs uitvind deur ’n eksperiment te ontwerp wat niemand per abuis uitsluit nie.
2. Die belangrike punt is dat die steekproef (die mense wat jy vra) die algemene bevolking waaroor jy iets wil weet, moet verteenwoordig . Daar is vele maniere om te verseker dat die steekproef verteenwoordigend is. Byvoorbeeld, as daar 1 200 leerders in julle skool is en jy wil weet hoeveel van hulle na kwaito luister, sou jy 30 kon vra en die antwoord met 40 vermenigvuldig om ’n idee te vorm. Maar dit sou nie veel help as al 30 dieselfde ouderdom is nie, of dieselfde rassegroep nie, of dieselfde geslag nie. Vra liewer die skoolsekretaris om jou ’n alfabetiese lys van die leerders te wys. Jy kan elke veertigste naam kies en neerskryf. Nou het jy 30 name – vra hulle en vermenigvuldig met 40.
3 Wat is die vraag? As jy by elke huis aanklop en mense vra of hulle hul tande in die oggend geborsel het, sou jy ongetwyfeld vind dat die meeste mense ja sê! Die meeste mense weet dat dit nie sosiaal aanvaarbaar is om nie tande te borsel nie. Hulle wil nie hê dat jy moet dink dat hulle nie van beter weet nie – en dus sê hulle ja.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Wiskunde graad 9' conversation and receive update notifications?