<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
AKTIWITEIT 1
OM PATRONE IN 'N TIPIESE PRODUKSIELYN TE IDENTIFISEER
[LU 1.3]
Bestudeer die kaart en beantwoord die vrae deur die korrekte woorde uit dié tussen hakies te onderstreep:
Die groot vragmotor (15 ton) neem die vrag kool na die mark in die (groot stad / klein dorpie).
Die vragmotor met die 8 ton kruideniersware gaan na die (groothandelaar in die dorp/plaaswinkeltjie).
Die vragmotor uit die plantasie neem die vrag hout na die (saagmeul op die dorp/besproeiingsplaas) waar daar houtkratte vir groente gemaak word.
Die beste plek vir ’n vulstasie is by (1 / 2)
Die grootste en mooiste winkels is by (3 / 4)
Ongelukkig pla die fabrieksgeraas die mense by (5 / 6)
Die mense van (7 / 8) stap Saterdae ver om by die winkels uit te kom.
Daar ry baie (meer/minder) motors en vragmotors op pad A as op pad B.
AKTIWITEIT 2
OM MOONTLIKE OORSAKE EN GEVOLGE MET GEPAARDGAANDE OPLOSSINGS TE ONDERSOEK
[LU 1.6]
Dinktaak
Dikwels tref ongelukke mense wat met die vervoer van hulpbronne besig is. ’n Trein is daar om te vervoer, en wat anders as hulpbronne kan daar vervoer word? Dit is mense, of algemene vrag, of steenkool, of ystererts, of graan.
Het julle al gehoor van ’n trein wat ontspoor het en dat die ongeluk as ’n treinramp beskryf word? Die gevolge is altyd nadelig en veroorsaak groot skade. Mense kan sterf of baie seer kry, en daar is groot skade aan die trein en die treinspoor. So kan ’n mens heelwat dinge opnoem.
Lees die koerantberiggie, kyk na die treinspoor op die kaart op die vorige bladsy en dink ’n bietjie na oor die gevolge van so ’n groot treinramp. Voltooi dan die taak.
TREINRAMP IN NOORDE KAN ERNSTIGE GEVOLGE INHOU
Omgewingsverslaggewer
Pretoria: ‘n Goederetrein met ‘n groot hoeveelheid diesel, gifstowwe en algemene vrag het eergisternag tussen Mussina en Polokwane ontspoor. Die treinbrug oor die Sandrivier is ernstig beskadig en die spoor sal vir ongeveer ses weke gesluit wees.
Die diesel in die twintig tenks het aan die brand geslaan en die gifstowwe het in die rivier beland. Die res van die vrag is ook verwoes.
Mnr. Mike Smit van Spoornet sê treinverkeer tussen Suid-Afrika en Zimbabwe sal vir die volgende paar weke deur Botswana gaan. Dit is ‘n ompad van ongeveer 300 kilometer. Spoornet sal die bykomende koste dra.
Die veldbrand wat ontstaan het, woed steeds voort in die digte bosse. Dit is moeilik vir brandslaners om die brand in die bergagtige omgewing te bereik.
‘n Ondersoekspan van die Departement Natuurbewaring vertrek vandag uit Pretoria na die ramptoneel om ondersoek in te stel na die uitwerking van die treinramp op die natuur. Die span wil veral vasstel of daar ‘n verband is tussen die groot aantal visvrektes wat in die Sandrivier voorkom, en die gif wat in die water beland het.
Bespreek en beskryf:
Kyk nou na die kaart op bladsy 14 en beantwoord die vrae:
AKTIWITEIT 3
OM 'N GEVALLESTUDIE TE DOEN OM TE ILLUSTREER HOE NOU NATUURLIKE EN MENSLIKE HULPBRONNE VERWEEF IS IN DIE EKONOMIESE PROSES
[LU 1.4; 1.7]
LU 2
AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIP
Die leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.2 die skakels tussen natuurlike hulpbronne en ekonomiese bedrywighede identifiseer;
2.3 maniere waarop die fisiese omgewing menslike bedrywighede beïnvloed en hoe menslike bedrywighede die fisiese omgewing beïnvloed, beskryf.
AKTIWITEIT 2
AKTIWITEIT 3
Notification Switch
Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5' conversation and receive update notifications?