<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
As die Wes-Kaap dan nie rykdom in minerale het nie, wat het hy dan?
Waarin lê sy rykdom?
‘n Land word op sy beste bevoordeel as sy produkte na ander lande uitgevoer kan word. Die meeste landbouprodukte, veral vrugte en verwerkte vrugte, word uitgevoer, en so ook baie ander soorte produkte wat in fabrieke vervaardig word.
Baie toeriste kom ook uit die buiteland. ‘n Mens kan amper sê die Wes-Kaap se “natuurskoon word uitgevoer”.
AKTIWITEIT 1
OM MY DORP/STREEK AS 'N TOERISTE-AANTREKLIKHEID TE BEMARK
[LU 1.7]
Versamel pamflette, berigte en foto’s van interessanthede in jou omgewing.
Gaan doen navorsing oor jou dorp of area se toeriste-aantreklikhede en skryf ‘n kort inligtingstuk daaroor wat aan voornemende besoekers en toeriste gegee kan word.
Teken ‘n eenvoudige sketskaart van die roete wat gevolg moet word om by hierdie aantreklikhede in jou dorp uit te kom. (Onthou wat jy in kaartwerk geleer het. Pas daardie kennis ook hier toe.)
Groepwerk
Wat kan gedoen word om toerisme in julle dorp of area te bevorder? Probeer om minstens drie voorstelle te maak.
Die Wes-Kaap se 10 belangrikste uitvoerbedrywe (jaar 2000)
(R miljoen) | Persentasie | |
Vars vrugte | 2 240 | 15,25 |
Wyn en sterk drank | 1 600 | 10,00 |
Vis | 1 300 | 8,18 |
Yster- en staalprodukte | 1 100 | 6,88 |
Verwerkte vrugte en groente (bv. vrugtesap) | 1 020 | 6,38 |
Plofstowwe en verwante produkte | 720 | 4,50 |
Juwele en verwerkte halfedelgesteentes | 430 | 2,69 |
Klerasie | 410 | 2,56 |
Leer en leerprodukte | 400 | 2,50 |
Tekstielstowwe | 390 | 2,44 |
Res: groot verskeidenheid kleiner groepe ** | 6 190 | 38,67 |
Totaal | 16 000 | 100,00 |
** Onder die kleiner groepe produkte is bote, plastiekgoedere, elektroniese toerusting, meubels, vleis en chemiese stowwe.
Kom ons ondersoek hierdie lys van uitvoerprodukte:
Watter persentasie van die Wes-Kaap se inkomste kom direk of indirek uit die vrugtebedryf?
%
Onderstreep die korrekte antwoord: Die belangrikste rede vir dié groot persentasie-inkomste uit vrugte is (die klimaat / ingevoerde hulpbronne).
Die landbou as belangrike werkgewer
Die landbousektor is ‘n baie belangrike werkgewer in die Wes-Kaap. Sowat 163 000 mense werk op plase. Saam verdien hulle naastenby R180 miljoen per maand en onderhou amper 700 000 afhanklikes. Boonop verskaf die landbou geweldig baie produkte aan die fabrieke waar dit verwerk word en verdere werkgeleenthede skep. Daar is ook ‘n groot aantal fabrieke waar gereedskap en ander hulpmiddele vir die landbou vervaardig word. Nog meer werkgeleenthede word so verseker.
Ongelukkig eis die ontwikkeling van die (landbou-) tegnologie in die laaste tyd ‘n groot tol. Weens die gebruik van masjiene wat in ‘n al hoe groter mate gebruik word, het werkgeleenthede op plase tussen 1997 en 2001 met nagenoeg 5 000 afgeneem.
AKTIWITEIT 2
OM DIE SOSIALE PROBLEME WAT DEUR WERKLOOSHEID VEROORSAAK WORD, TE ONDERSOEK
[LU 1.6; 2.2]
Verdeel in groepe en bespreek die sosiale probleme wat werkloosheid veroorsaak. Probeer ook nuusberigte hieroor versamel en bespreek dit in die klas. Maak ook voorstelle vir maniere om die probleme van werklose mense op te los. |
LU 1
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK
Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.6 moontlike oplossings vir probleme identifiseer en ondersoek [beantwoord die vraag];
LU 2
AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIP
Die leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.2 die skakels tussen natuurlike hulpbronne en ekonomiese bedrywighede identifiseer;
2.3 maniere waarop die fisiese omgewing menslike bedrywighede beïnvloed en hoe menslike bedrywighede die fisiese omgewing beïnvloed, beskryf.
AKTIWITEIT 1
Uitvoerprodukte:
AKTIWITEIT 2
Notification Switch
Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5' conversation and receive update notifications?