<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Die mens en die diens wat hy lewer
Mense ruil daagliks hul arbeid vir geld (salaris) en daarom word die mens ook as ‘n hulpbron beskou. Mense se fisieke, intellektuele en geestelike vermoëns word gebruik om produkte en dienste te ontwikkel en versprei.
Wat het jy vanoggend vir ontbyt gehad? Was dit ’n toebroodjie, pap of eiers? Of was dit vis? Het jy tee, koffie, ’n vrugtesappie of net water gedrink? Dink net aan al die moontlikhede…… Dit is moontlik dat elke klasmaat se ontbyt van die ander s’n kon verskil!
Die kos wat julle geëet het, kon verskil, maar die ooreenkoms is dat hulpbronne en mense gebruik is om die kos te vervaardig en by jou te besorg.
My kossoort : ............................................................................................. | |
Natuurlike hulpbronne nodig vir die vervaardiging. | Mense (beroepe) en dienste nodig vir die vervaardiging en vervoer van produk na my huis. |
Menslike hulpbronne kan in drie hoofgroepe verdeel word.
Groep 1 : Primêre aktiwiteit | Groep 2 : Vervaardiging | Groep 3 : Dienste |
Mense kweek die oorspronklike produk of neem dit uit die natuur. | Mense neem die produk van groep een en verwerk dit. | Mense lewer dienste soos om die eerste twee groepe se produkte te vervoer, verkoop of bemark. |
Byvoorbeeld | Byvoorbeeld | Byvoorbeeld |
boerdery | kleremakery | handel |
vissery | vis inmaak | vervoer |
mynbou | staal maak | bankdienste |
bosbou | meubelmakery | munisipale dienste |
skole |
Kan jy dalk aan nog voorbeelde dink?
Doen nou dieselfde met jou ma of pa se beroep...
... en die beroep wat jy eendag wil volg?
Ondernemings waar primêre aktiwiteite verrig word.
Ondernemings waar goedere vervaardig word
Ondernemings wat hoofsaaklik dienste lewer
Versigtig net……..
Julle moet net onthou dat een onderneming soms by meer as een van die drie groepe aktiwiteite betrokke kan wees, soms by al drie.
LU 1
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK
Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.6 moontlike oplossings vir probleme identifiseer en ondersoek [beantwoord die vraag];
Notification Switch
Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5' conversation and receive update notifications?