<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
1. Hierdie gedig bestaan uit een enkele sin in dialektiese Afrikaans geskryf. Skryf die sin waaruit die gedig bestaan, in Standaardafrikaans neer.
2. Gesels in groepe oor watter woorde/uitdrukkings nie-standaard is nie.
3. Sal die gedig dieselfde trefkrag hê indien dit in Standaardafrikaans geskryf is?Waarom nie?
4. Wie is die verteller in die gedig? Motiveer jou antwoord uit die gedig self.
5. Ons kan uit die vorm van die gedig agterkom/aflei dat die verteller kwaad is (kyk maar hoe elke reël as ’t ware ’n kort, driftige veeg met ’n besem voorstel). Watter woord(e) sê verder dat die verteller kwaad is?
6. Hoe maak die digter van herhaling gebruik om die gedig te bind?
7. Skryf neer wat die mense alles rondgegooi het. Het dit nou nog enige nut vir iemand?
8. Kyk ’n bietjie na die wyse waarop “r o n d g e g o o i” geskryf is. Is daar ’n bepaalde rede hiervoor? [Ons kan ook vra: pas dit binne die konteks van die gedig?]
9. Tot watter gevolgtrekking kom die verteller aan die einde van die gedig?
10. Wie is in sy oë die belangrikste: “julle” of “ek”? Waarom sê jy so – en motiveer uit die konteks en nie uit jou eie gevoel nie.
AKTIWITEIT 6
Om vir spesifieke inligting en kerngedagtes te luister
LU 1.2 | LU 5.3 | |||||||||
Teks A
Kinders skryf eie handves op internasionale beraad oor kinderregte op Somerset-Wes
Die toekoms van en besluite oor die kind kan net deur die kind self bepaal en geneem word! Dis die boodskap wat meer as 200 kinders in een stem uitgebring het op die Internasionale Spitsberaad oor die Regte van Kinders in Suid-Afrika.
Volgens mnr. David Fortune, woordvoerder van Molo Songololo, sal die handves van kinderregte wat hier deur die kinders tussen die ouderdomme van 12 en 17 self geskryf word, aan die Konferensie vir Volwassenes oor Kinderregte voorgelê word.
Mnr. Thabo Mbeki het op die amptelike opening van die beraad gesê kinders se belange moet aan die bopunt van die politieke agenda geplaas word. ’n Kinderverteenwoordiger is gister tydens die afsluiting van die beraad deur die kinders self aangewys. Caroline Kryne (17) van Suid-Gauteng het gesê die doel van die beraad was nie net vir kinders om hul stemme te laat hoor nie, maar ook om veral ouers se oë oop te maak. “Ek sal hierop voortbou en die beskerming van die kind beklemtoon,” het Caroline gister aan JIP gesê.
Caroline het ook haar gevoel oor die behandeling van straatkinders sterk uitgespreek. Sy het gesê hoewel daar regte vir die straatkind moet wees, moet daar ook voorsiening gemaak word vir die “toekomstige straatkind.”
Vir Sindokuhle Zondi (12) en Nokuthuno Cebekhulu (13) van Pietermaritzburg word die kind die meeste op opvoedkundige gebied afgeskeep. “Van ons skole het nie eens ’n biblioteek of ’n enkele rekenaar nie. Dalk sal die handves hierdie probleme oplos.”
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 8' conversation and receive update notifications?