<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
1. Wie, dink jy, is die teikengehoor van hierdie verhaal (op watter ouderdomsgroep as leser is hierdie verhaal gemik)?
2. Verduidelik of en hoe die taal , inhoud en karakters by die teikenlesers aanpas.
3. Die eerste deel handel oor Wimpie, Tatties (Flossie) en hulle konflik met Bet.
3.1 Hoe word Bet voorgestel? (Haal bewyse uit die teks.)
3.2 Noem al die redes waarom die twee seuns nie van hulle taak en van die sog hou nie.
3.3 Is daar ooit sprake van ’n ander konflik in hierdie deel buiten tussen die twee seuns en Bet? Verduidelik jou antwoord.
3.4 Wat leer ons van Wimpie se karakter in hierdie deel?
3.5 En van Tatties s’n?
4. Die tweede deel: die aankoms van die Sagies
4.1 Kan jy uit die teks bewyse kry dat ons op konflik voorberei word wanneer ons lees van die Sagies se aankoms? Verduidelik.
4.2 Lees weer mooi die paragrawe in hierdie deel waar vertel word van die Sagies se aankoms. Uit wie se oog kyk die verteller wanneer hy die aankoms beskryf: Wimpie se mense of die Sagies? Waarom dink jy is dit so?
5. Die seuns
5.1 Hoe word die leser voorberei dat daar ’n konflik tussen hierdie karakters gaan ontstaan? (Hier moet jy weer vroeër in die verhaal gaan lees.)
5.2 Hoe verskil die twee groepe karakters van mekaar?
5.3 Reeds vroeër in die verhaal word die leser voorberei dat Wimpie met ’n plan vorendag gaan kom om sy regmatige deel op te eis. Waaruit kan ons dit aflei?
5.4 Hoe oud is hierdie seuns omtrent? Kyk of jy jou antwoord uit die verhaal kan motiveer.
5.5 Wat verwag die leser gaan gebeur wanneer Wimpie en Tatties vir Danie en Pen probeer ontglip?
6. Aan die einde gebeur iets wat die leser hoegenaamd nie verwag nie: een van die karakters “draai” teen die ander in sy groep Hierdie verskynsel noem ons IRONIE – wanneer iets gebeur wat ons juis nie verwag nie.
7. Kan jy nou volledig verduidelik waarom die titel van die verhaal Die wors is, en of dit ’n gepaste titel is?
AKTIWITEIT 4
Om op sinvolle en akkurate wyse inligting mondeling oor te dra
LU 2.1 | LU 2.2 | LU 2.3 | LU 2.5 | |||||||||||||||||||
AKTIWITEIT 5
Om taal te lees vir die waardering van die estetiese daarin
LU 1.6 | LU 2.1 | |||||||||||||||||||||
LU 3.1 | LU 3.3 | LU 3.5 | LU 3.8 | |||||||||||||||||||
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 8' conversation and receive update notifications?