<< Chapter < Page Chapter >> Page >

‘n Groot besem, maar ‘n klein _

(Hierdie woorde eindig meesal op ‘n - m .)

[LU 6.2.6]

Hierdie woorde kry nog ’n medeklinker en ’n -ie aan die einde:

  1. ‘n Groot klip, maar ‘n klein _

‘n Groot bok, maar ‘n klein _

‘n Groot lig, maar ‘n klein _

(Hierdie woorde eindig op ‘n enkelklinker en ‘n enkelmedeklinker .)

Hierdie woorde verloor een van die klinkers en kry ’n -ie aan die einde:

  1. ‘n Groot skaap, maar ‘n klein _

‘n Groot maag, maar ‘n klein _

‘n Groot roos, maar ‘n klein _

(Hierdie woorde het dubbelklinkers.)

Hierdie woorde kry ‘n -_ aan die einde

  1. ‘n Groot slang, maar ‘n klein _

‘n Groot ring, maar ‘n klein _

‘n Groot wang, maar ‘n klein _

(Hierdie woorde het een klinker en eindig op - ng .)

Hierdie woorde kry nog ‘n medeklinker en -etjie aan die einde:

  1. ‘n Groot dam, maar ‘n klein _

‘n Groot blom, maar ‘n klein _

‘n Groot man, maar ‘n klein _

(Hierdie woorde het een klinker en eindig op 'n - m of - n. )

Hierdie woorde kry ‘n –nkie aan die einde:

  1. ‘n Groot toring, maar ‘n klein _

‘n Groot heining, maar ‘n klein _

‘n Groot woning, maar ‘n klein _

(Hierdie woorde het twee lettergrepe en eindig op ‘n -ning.)

Assessering

LU 3

LEES EN KYK Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

3.1 toon, op ‘n eenvoudige manier, begrip van die elemente van stories:

3.1.2 die boodskap van die storie (waar gepas);

3.3 lees vir inligting:

3.3.2 lees en volg tekste wat prosedures betrek;

3.6 lees vir genot en inligting:

3.6.1 lees heelwat fiksie- en nie-fiksie-boeke op ‘n gepaste taal- en leesvlak

3.7 gebruik naslaanwerke en ontwikkel woordeskat:

3.7.1 gebruik ‘n woordeboek.

LU 4

SKRYF Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

4.1 skryf om inligting oor te dra:

4.1.2 skryf ‘n reeks instruksies;

4.1.3 beskryf gebeurtenisse skriftelik;

4.4 ontwerp mediatekste:

4.4.1 ontwerp ‘n eenvoudige plakkaat of kennisgewing;

4.6 gebruik ontwikkelende kennis van taalstruktuur en –gebruik:

4.6.1 verstaan en begin verskillende skryfstyle gebruik (bv. gesproke of informele styl en skriftelike of formele styl).

LU 5

DINK EN REDENEER Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

5.1 gebruik taal oor die kurrikulum heen:

5.1.1 verduidelik sekere konsepte wat in ander leerareas gebruik word (bv. reëls in die natuur, in Natuurwetenskap);

5.1.2 toon die vermoë en kennis om woordeskat uit ander leerareas te gebruik;

5.2 gebruik taal om te dink:

5.2.5 identifiseer ooreenkomste en verskille.

5.2.7 beskryf oorsaak en gevolg;

5.2.8 gee menings en redes daarvoor;

5.4 dra inligting van een modus na ‘n ander oor:

5.4.3 gebruik inligting uit ‘n grafiek, tabel of diagram om ‘n teks te skryf.

LU 6

TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

6.1 spel bekende woorde korrek:

6.1.2 alledaagse woorde met enkel- en dubbelvokale en –konsonante (soos: jaar/jare; pen/penne);

6.2 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om skriftelik te kommunikeer:

6.2.3 die verskillende tydsvorme (soos: Sy lees ‘n boek; Hy het die werk gedoen; Ons sal die wedstryd wen);

6.2.6 die enkelvoud- en meervoudsvorm, verkleinings-vorm en geslagsvorme van alledaagse woorde (soos: jaar/jare; kind/kinders; hondjie; boompie; oom/tante; mannetjie/wyfie);

6.2.14 hoofsaaklik die aktiewe vorm, maar kan die passiewe vorm begin gebruik (soos: Baie tale word in SA gepraat; Die tale word in SA gepraat; Die telefoon is in die 20ste eeu uitgevind);

Memorandum

3.

(a) wit wolke

(b) suidoostewind

(c) klim; kabelkarretjie

(d) Maclear

(e) flora

(f) die rooi disa

(g) witkruisarend

(h) Tafelberg is ‘n nasionale monument vir elke Suid-Afrikaner.

(i) Brande bly ‘n gevaar en kan skade aanrig.

4.

(a) boekie; vurkie; glasie

(b) stoeltjie; venstertjie; diertjie

(c) bordjie; motjie; handjie

(d) boompie; wurmpie; besempie

(e) klippie; bokkie; liggie

(f) skapie; magie; rosie

(g) slangetjie; ringetjie; wangetjie

(h) dammetjie; blommetjie; mannetjie

(i) torinkie; heininkie; woninkie

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10990/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask