<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Word daar iets gedoen aan die besoedeling?
Wat kan daar gedoen word om die besoedeling minder te maak?
Wat kan jy doen om besoedeling te verminder?
[LU 5.1.1; 5.2.7; 5.2.8]
TAFELBERG
Het jy al gewonder waar Tafelberg sy naam vandaan gekry het? Ja, dis omdat die berg se bokant so plat soos ‘n tafel lyk. Soms hang daar ‘n wit suidoostewolk bo-oor Tafelberg en lyk dit kompleet soos ‘n tafeldoek. Die suidoostewind word ook die “Kaapse Dokter” genoem omdat die wind die gemors en besoedeling wegwaai.
Daar is twee maniere om bo-op die berg te kom. ‘n Mens kan met ‘n kabelkarretjie ry of die berg klim. Daar is baie roetes vir bergklimmers. Die berg se hoogste punt is by Maclear se baken wat 1 085,9 meter hoog is.
Tafelberg is ook bekend vir sy rykdom aan plante, ook flora genoem. Daar is reeds 2 622 soorte geïdentifiseer. Die beroemdste blom wat op die berg gekry kan word, is die rooi disa. Die blom word ook die “Trots van Tafelberg” genoem.
Die meeste van die ongeveer vyftig soogdierspesies is klein en hulle is ook meesal nagdiere. Die dassie en die bobbejaan is die bekendste soorte. Daar is ook baie voëlsoorte, waaronder die pragtige witkruisarend.
Tafelberg is ‘n nasionale monument omdat dit deel uitmaak van elke Suid-Afrikaner se erfenis. Brande bly egter ‘n gevaar en rig dikwels groot skade aan.
Beantwoord nou die volgende vrae:
Kies die regte antwoorde uit dié tussen hakies: (2)
Verskaf die ontbrekende woorde: (3)
Skryf slegs die antwoorde neer: (3)
Skryf die volgende stellings oor sodat hulle waar is : (2)
Kom ons verander die berg na ‘n plat klip waarby dwergies aansit om te eet! Dan praat ons nie van ‘n tafel nie, maar van ‘n tafeltjie . Daar is ‘n tafeldoekie oor die klip. Ons noem dit verkleinwoorde .
Besluit saam as ‘n groep wat die verkleinwoorde van die volgende woorde is en skryf hulle neer:
Hierdie woorde kry ‘n -_ aan die einde:
‘n Groot vurk, maar ‘n klein _
‘n Groot glas, maar ‘n klein _
Hierdie woorde kry ‘n -_ aan die einde:
‘n Groot venster, maar ‘n klein _
‘n Groot dier, maar ’n klein _
Hierdie woorde kry ‘n -_ aan die einde:
‘n Groot mot, maar ‘n klein _
‘n Groot hand, maar ‘n klein _
Hierdie woorde kry ‘n -_ aan die einde:
‘n Groot wurm, maar ’n klein _
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 5' conversation and receive update notifications?