<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 5

Waar tafelberg begin

Module 7

'n uitstappie

Die volgende is slegs ‘n “speletjie” en “verbeeldingsvlug”.

  1. Die onderwyser beplan vir julle klas ook ‘n uitstappie! Julle klas gaan ‘n hele skooldag bo-opTafelberg deurbring. Julle gaan gelukkig nie die berg uitklim nie, maar met die kabelkarretjie ry.

Voordat julle egter vertrek, moet julle eers besluit wat julle mag saamneem, wat julle alles moet onthou, hoe julle julle moet gedra, ens.

Verdeel in julle groepe. Die eerste groeplid begin deur te sê: “Ons het na Tafelberg toe gegaan en ek het _ saamgeneem.” (Noem enige item van jou keuse.)

Die volgende groeplid sê dan: “Ons het na Tafelberg toe gegaan en het _ saamgeneem.” (Noem die item van die eerste groeplid en voeg jou eie item by.)

Die derde groeplid herhaal die eerste twee items en voeg sy eie item by die lys.

Die speletjie gaan op dié wyse voort en elke groeplid moet items byvoeg en hulle in die regte volgorde herhaal. Indien ‘n groeplid die items in verkeerde volgorde gee of van die items vergeet, is hy uit.

Die speletjie kan herhaal word en in plaas daarvan dat items opgenoem en bygevoeg word, kan leerders opnoem hoe hulle hulle moet gedra, bv. “Ons moet bymekaar bly.” “Ons moet na mnr. / mev. / mej. (opvoeder se van) luister.”

[LU 2.4.]

Die prentjies hieronder illustreer nou hoe julle klas op julle denkbeeldige uitstappie na Tafelberg toe gaan. Skryf een tot drie sinne oor elke prentjie sodat jy eintlik ‘n kort storietjie skryf. Gebruik die woorde by die prentjies om dit vir jou maklik te maak. Moenie jou sinne nommer nie! Gesels eers in julle groepe oor die prentjies.

uitstappie, Tafelberg,skooldrag, kospakkie

vertrek, opgewonde,sit langs maat

bang, hart klop vinnig,al hoër

uitsig, asemrowend, klein en ver

kospakkie, eet, drink,dassies in son

spyt, uitstappie verby,terug skool toe

heerlike dag,bedank

tuis, vertel my ma van wonderlike ondervinding

"Ons klas besoek Tafelberg”. (Skryf 'n paragraaf oor hierdie ondervinding) [LU 4.1.3]

a) Kontrolelys (Maak ‘n regmerkie  in die Ja-kolom en kruisie  in die Nee-kolom).

JA NEE
Ek begin al die sinne met hoofletters.
Ek gebruik punte aan die einde van sinne.
Ek gebruik uitroeptekens wanneer ek iets beklemtoon.
Ek begin die name van mense en plekke met hoofletters.
Ek kan verstaan wat ek geskryf het.
  1. Bestudeer die skets en kyk of jy die volgende voorwerpe kan raaksien. Trek ‘n sirkel om elke voorwerp met ‘n kleurpotlood en nommer hulle soos aangedui:

‘n leë koeldrankblikkie

‘n plastiekwinkelsak

‘n glasbottel

‘n plastiekbottel

aartappelskyfiesakkie

a). Gesels in julle groep oor hierdie voorwerpe en hoe dit die omgewing bederf. Wat noem ons dit? Watter soorte besoedeling kry ‘n mens alles? Wat kan ons doen om besoedeling te beperk? Waar sien of hoor jy van besoedeling?

b) Julle gaan elkeen ‘n beurt kry om twee minute lank oor besoedeling te praat. Hou die volgende in gedagte wanneer jy voorberei:

Watter soorte besoedeling kry ons alles?

Waar in jou omgewing is daar baie besoedeling?

Wie besoedel die omgewing?

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10990/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask