<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kom ons gebruik die leesstuk oor die kat-kisante en kyk hoe goed julle vaar.

  • Skryf die volgende sinne in die ontkennende vorm:

1. Hulle loop oral agter die monnike aan.

2. Boeddhiste respekteer alle lewende wesens.

3. Almal kom kyk na hierdie vreemde katgedrag.

4. Hulle luister altyd so getrou soos ’n hond.

5. Was jy al ooit in ’n Boeddhistiese tempel?

  • Verskaf die meervoude van die volgende.

1. Skadu

2. Monnik

3. Geskrif

  • Wat noem jy ’n persoon wat in die volgende lande woon?

1. Frankryk

2. Duitsland

3. Italië

4. Japan

  • Watter tale praat hulle?

LU 6.2
1. Frankryk

2. Duitsland

3. Italië

4. Japan

Aktiwiteit 6:

Om ’n bepaalde tekssoort vir inligting deur te lees, die geldigheid van argumente te beoordeel en dan gevolgtrekkings te maak

SUURPOOTJIE SE HABITAT BEDREIG

Martina Smit

Hulle skuifel op die punte van hul tone – dis dié dat die ou mense hulle seerpootjies gedoop het. Wat later suurpootjies geword het, oor hulle so skaam is en in die vaal bossies van die Suurveld voorkom.

Maar minder as 3% van hierdie dwergskilpaaie se habitat in die laagland van die Kaapse plant­konink­ryk bestaan nog. Die suurpootjies is een van ses vlagskip­spesies wat toon hoe gesond die ekologie van die wêreld se kleinste plantkoninkryk is, sê dr. Ernst Baard van wetenskaplike dienste van Wes-Kaapse Natuurbewaring.

Luidens ’n verslag wat in Julie deur die Green Trust en die Endangered Wildlife-trust bekend gestel is, is biodiversiteit in die Wes-Kaap en Suid-Afrika op ’n afdraande pad.

Suurpootjies is die enigste Suid-Afrikaanse skil­paaie wat volgens die internasionale Rooidata­boek bedreig word. Die grootste rede vir die af­name in hul habitat is boere wat die renosterveld omploeg vir die plant van koring en wingerde. Tog het groter bewustheid daartoe gelei dat die suurpootjies se getalle oor die afgelope twee dekades gestabiliseer het.

Nog ’n bedreiging is uitheemse plantegroei soos port jacksons, hakea en rooikrans, wat die suurpootjies se habitat stadig laat agteruitgaan.

Suurpootjies kom nog in 48 geïsoleeerde habitat­stre­ke in die gebied tussen Piketberg en die Helder­berg­kom, en Worcester en Tulbagh voor, asook in die Ceresvallei. Hierdie streke is meestal in private besit van veral boere. Die skilpaaie met hul ken­merkende stervormige patrone word selde groter as 10 cm

Hulle kan tot 30 jaar oud word, en lê gewoon­lik twee tot vier eiers elke lente nadat hulle seksuele rypheid op agt jaar bereik het. Aange­sien hul ondoeltreffende verteringstelsel saad net so weer uitwerp, is hulle belangrike saad­verspreiders.

Die lot van die suurpootjies is nou in die hande van die Kaapse Aksie vir Mense en die Omge­wing(Cape). Die strategie en aksieplan om die Kaapse plantkoninkryk te bewaar, is in 2000 aanvaar en sal oor die volgende twintig jaar toegepas word. Volgens Baard doen Cape tans aansoek by die Wêreldbank om finansie­ring van R812 miljoen.

Onder die projekte wat reeds begin is, is die Cape-Laaglandeprojek, wat biodiversiteit in die laaglande identifiseer en bewaar, en die Agulhas-biodiversiteitsinisiatief in die Over­berg. Maatreëls soos belastingvrystelling word geformuleer om boere aan te spoor om natuurlike grond te bewaar.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11058/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask