<< Chapter < Page Chapter >> Page >

In die volgende sinne wat oor Die Groot Vyf handel, word daar telkens aangedui hoeveel foute daar is.

  • Skryf neer wat die fout is.

1 . Omdat leeus in oop gebiede hou word hulle maklik deur jagters en vee wagters geskiet. ( 2 )

2 . Eers nadat ’n prooidier plat getrek is maak die mannetjie sy verskyning om vir die maal aantesit. ( 3 )

3 . Van die witrenoster van Afrika lewe daar slegs nog ’n handjievol in Oos Afrika. ( 1 )

4 . Die kameelperd word in droeë streke met verspryde bome suid van die Sahara aangetref. ( 2 )

5 . Die enigste ander lit van die giraffamilie is die okapis. ( 2 )

6 . Die jagters wie die olifant skiet is agter sy ivoor tande aan.

……………………………………………………………………………………………………

Uit: Huisgenoot, 28 Junie 2001

LU 6.1

Aktiwiteit 4:

Om:

  • ’n skrywer se standpunte en perspektief te bepaal;
  • inligting wat deur navorsing ingewin is, te verwerk;
  • metodes te vind om relevante inligting te bekom.

Die kat-kisante

Soos ’n skadu volg hulle hul base, gehoorsaam hul bevele en spring selfs deur ’n ring om besoekers te vermaak. Pure kat sal hulle wel in hulle base se skote gaan lê en spin, teen die goue beelde skuur of hulle op die Persiese matte op­krul, maar die res van die tyd gedra die katte van die Boeddhistiese tempels in die Verre Ooste hulle kompleet soos honde.

Hulle loop oral agter die monnike aan, wag geduldig terwyl hulle bad, volg hulle na die etenstafel en drentel agterna wanneer hulle mediteer en bid. En as die baas sê sekere heiligdomme is verbode, luister hulle so getrou soos ’n hond.

In Birma, Laos en Thailand lei gewone huiskatte, gemeet aan Westerse stan­daar­de, ’n hondelewe. Hul gemiddelde lewensverwagting is maar twee jaar, teenoor die vyftien of twintig jaar wat ’n Westerse kat lag-lag kan haal.

Omdat Boeddhiste alle lewende wesens respekteer, moet die monnike alle lewe beskerm. Kat se kind was slim genoeg om hom in die tempels tuis te maak. Die Boeddhiste glo immers ’n kat het Boeddha se heilige geskrifte gered toe die dier ’n muis verjaag het wat reg was om daaraan te knibbel.

By die Phe Chaung-tempel in Birma doen die tempelkatte selfs meer as om muise te vang. Die monnike het hulle geleer om deur ringe te spring en toeriste van so ver as Frankryk, Duitsland, Italië en Japan kom kyk na dié vreemde katgedrag.

Uit: Huisgenoot, 3 Mei 2001

  • Doen navorsing oor een van die volgende aspekte en skryf dan 300 woorde daaroor (jy mag ook twee kombineer):
  • Boeddhisme
  • Bespreek die rol wat katte en/of diere in die Boeddhistiese geloof speel.
  • Bespreek die rol wat katte in ander gelowe speel.
  • Bespreek die rol wat diere in die uitleef van gelowe speel.
  • Die finale produk moet onder “ondersoektaak” in jou portefeulje geliasseer word.
LU 5.1 LU 5.2 LU 5.3

Aktiwiteit 5:

Om die ontkennende vorm korrek te kan gebruik

  • Ons gaan nou nog ’n nuwe taalverskynsel byleer, nl. hoe om ’n sin in die ontkennende vorm te skryf.
  • Julle kan dit reeds doen, maar moet net daarop let dat sekere woorde moet verander:
  • Iemand speel sokker. Nee, niemand speel sokker nie.
  • Hulle is êrens. Nee, hulle is nêrens nie.
  • Het jy al geleer? Nee, ek het nog nie geleer nie.
  • Het jy al ooit geswem? Nee, ek het nog nooit geswem nie.
  • Óf hy óf sy gaan die prys wen. Nóg hy nóg sy gaan die prys wen

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11058/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask