<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
“Dis 'n goeie plan,” sê Reyhana. “Ek het van daardie stukkies gedroogde vrugte. Jy weet mos, hulle maak die vrugte fyn, rol dit in suiker en sny dit in sulke happie-groottes. My ma het nege stukkies ingepak!”
Net toe kom twee ander maats aangehardloop en vra of hulle ook daar mag sit. “Natuurlik!” sê Reyhana. “Ons gaan ons skoolkos gelykop deel. Dit sal nogal prettig wees. Wat het julle?”
Jill gaan sit en maak haar kosblik oop. “Ek het twee van daardie kasies wat 'n mens in 'n ronde dosie koop,” sê sy. “Jy weet, die kaasdriehoekies wat in blink papier toegedraai is.”
Themba sê, “Ek dink my ma was haastig! Sy het 'n appel in agt stukkie gesny en dit vir my ingepak.”
“Dit werk goed uit,” sê Khanyi, “Daar is vier van ons, dus kan elkeen twee stukkies van jou appel kry. Kom ons verdeel nou my ses beskuitjies.”
Hier is die vrae en instruksies oor die storie.
1.2 Hoeveel van die beskuitjies het elke meisie gekry?
1.3 Khanyi het gesê dat elke meisie twee stukkies appel kon kry. Gesels met 'n maat of in die groep en bespreek hoeveel van die hele appel elke meisie ontvang het. Skryf nou jou antwoord hier.
1.4 Daar was nege stukkies versuikerde vrugte. Hoeveel hele stukkies het elke meisie ontvang?
1.5 Hoeveel stukkies versuikerde vrugte het oorgebly? Teken 'n prent om aan te dui hoe die meisies dit gelykop kon verdeel.
1.6 Hoeveel van die gedroogde vrugte het elke meisie ontvang?
1.7 Daar was twee kaasdriehoekies en vier meisies. Bespreek, met 'n maat of met die groep, hoe die meisies dit gelykop kon verdeel en trek stippellyne op die diagramme hieronder om te wys hoe hulle dit gedoen het.
1.8 Watter breuk van een kaasdriehoekie het elke meisie ontvang?
1.9 Watter breuk van al die kaas (twee driehoekies) het elke meisie ontvang?
et toe lui die klok om aan te dui dat die pouse verby was. Toe hulle weer in die klaskamer is, sê hulle opvoeder, “Vandag gaan ons oor gelyke verdeling’ gesels en julle kan 'n prent teken van hoe julle dinge gelykop verdeel.” Ons vier maats het natuurlik gedink dat hierdie les besonder maklik was en die opvoeder was hoogs tevrede met hulle werk. Sy het gewonder hoe hulle dit reggekry het om die werk so vinnig en sonder foute te doen. En hulle het ná die les eers verduidelik hoe hulle hul pouse deurgebring het!
TOETS JOU VAARDIGHEDE: [LU 1.3.3, 1.5.1, 1.8.6]
BREUKE IN DIAGRAMMATIESE VORM; GELYKE VERDELING
Kyk of jy die werk wat die opvoeder aan die klas opgedra het, kan doen:
Antwoord: ____________________________
Antwoord: ______________________________
Notification Switch
Would you like to follow the 'Wiskunde graad 4' conversation and receive update notifications?