<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Raadpleeg die volgende punte en gebruik dit as ‘n basis om die vraag hierbo in jou eie woorde te beantwoord.

Ja:

  • Daar is geen twyfel dat geneties verbeterde saad ‘n hoër opbrengs lewer nie. Die Groen Rewolusie het ‘n verskil gemaak – ervaring en statistiek het dit bewys.
  • Dit is dus ‘n beproefde manier om vinnig groter hoeveelhede voedsel te produseer.

Maar:

  • Dit het geblyk dat die Groen Rewolusie ook nie die ideale strategie vir die beëindiging van ‘n gebrek aan voedsel was nie.
  • Meer kos vir dié wat nie het nie, is nie die oplossing nie. Diegene wat honger ly moet in staat gestel word om gereeld kos te kan bekom. Die gekonsentreerde verspreiding van ekonomiese mag (waarby net ‘n sekere deel van die bevolking baat), en veral die beperkte toegang tot grond en koopkrag, moet verander word.
  • Die Groen Rewolusie (dus ook tegnologie as sodanig) los nie die probleem van die hoë geboortesyfer op nie.
  • Juis in Asië (Indië ingesluit) waar die nuwe saad tot die grootste produksie-suksesse bygedra het, leef tans twee-derdes van die wêreld se mense wat ondervoed is (meer as in Afrika waar die probleem vroeër die grootste was). In Indië sterf 5 000 kinders daagliks weens wanvoeding. ‘n Derde van Indië se 900 miljoen mense is armoedig. Daar is dus ‘n dringende behoefte aan ontwikkeling op verskillende vlakke. Is dit ook in jou eie land die geval? Waar?
  • Uit statistieke blyk dit dat die hoeveelheid voedsel wat wêreldwyd per persoon beskikbaar is, van 1970 tot 1990 (die tydperk van die GR) met 11% gestyg het terwyl die getal honger mense van 972 miljoen tot 786 miljoen verminder het. Maar as die syfers van China buite rekening gelaat word, blyk dit dat die getal hongerlydendes van 536 miljoen tot 597 miljoen gestyg het. Die verbetering in China wat die wêreldsyfers so skeef trek, moet waarskynlik eerder toegeskryf word aan die groot veranderinge wat gemaak is om meer mense toegang tot grond te gee.
  • Benodig ons tegnologie om hongersnood te verlig?
  • Tegnologie-gebaseerde boerdery is duurder, wat veroorsaak dat die winsgrense kleiner word en groter omset dus noodsaaklik is. Dit bring mee dat die kleinboer nie die insetkoste kan bekostig nie en dus nie die nodige omset kan haal nie. ‘n Bose kringloop ontstaan waardeur die kleinboer uit die stelsel verwyder en die landbou deur “superplase” oorgeneem word. Dit vererger die lot van die armes, omdat hulle nie grond het om op te boer, en dus tot ‘n mate in hul eie lewensmiddele kan voorsien nie.
  • Tegnologie-gebaseerde boerdery is nie ekologies volhoubaar nie. Die grond verarm en meer en meer byvoegings is nodig.
  • Tegnologie-gebaseerde boerdery maak ‘n land afhanklik van die invoer van grondstowwe (kunsmis, gif, ens.). As die land dit nie meer kan bekostig nie of deur handelsanksies geïsoleer word, kan die situasie noodlottig raak, soos wat in Kuba gebeur het. Kuba was ‘n model van tegnologie-gebaseerde boerdery totdat sanksies hulle verhinder het om die nodige grondstowwe te bekom. Dit het die land in die grootste voedselkrisis in die geskiedenis gedompel. Kuba het toe teruggeskakel na meer selfaangewese boerdery en tradisionele boerdery-metodes en die herstel was bewonderenswaardig.

4. Samevatting

Onder watter toestande is groter oeste gedoem tot mislukking, sodat honger nie uitgeskakel word nie?

a) Wanneer plaasgrond soos enige ander goedere gekoop en verkoop word en die samelewing toelaat dat superplase onbeperk landbougrond bymekaar-maak, verdwyn familieplase en die hele samelewing ly daaronder.

b) Wanneer die hoofproduseerders van voedsel (kleinboere en plaaswerkers) nie voldoende mag het om te onderhandel met verskaffers van plaasbenodigdhede en voedselbemarkers het nie, kry hulle ‘n veels te klein beloning uit hul boerdery. Kan julle dit met praktiese voorbeelde toelig?

c) Wanneer ‘n oormaat van tegnologie die toekomstige voedselproduksie vernietig deurdat die grond verswak of pes- en onkruidprobleme ontstaan, raak dit toenemend moeilik om goeie opbrengste te handhaaf. Die boer moet dan meer insit as wat hy uiteindelik uit sy oes verdien. So word hy geleidelik armer en kan hy sy grond en besittings verloor. Ons kry dan agteruitgang in plaas van ontwikkeling.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en –prosesse te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.3 gevolgtrekkings oor inligting uit bronne soos foto’s, kaarte, atlasse, grafieke en statistiek ontleed en maak [werk met bronne];
1.5 inligting in die veld waarneem en dit opteken [werk met bronne];
1.7 verslag doen oor kennis wat tydens die ondersoek verkry is deur ‘n redenasie en interpretasie gegrond op inligtingsbronne te formuleer; gebruik kaarte, diagramme en grafika; gebruik, waar moontlik, rekenaars in die aanbieding [dra die antwoord oor].
LU 2
AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIP Die leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 ‘n beredeneerde verduideliking van sommige benaderings tot ontwikkeling verskaf [mense en plekke];
  1. maniere waardeur Wetenskap en Tegnologie ‘n positiewe en negatiewe invloed op ontwikkeling het, identifiseer [mense en hulpbronne];
2.3 verduidelik hoe volhoubare ontwikkeling ‘n positiewe uitwerking op mense, plekke en omgewings kan hê [mense en omgewing

Memorandum

AKTIWITEIT 1:

  • Elke tegniek word in die Koringgebied van die SWARTLAND (Malmesbury,

Moorreesburg en Piketberg) toegepas.

  • Eie inisiatief
  • Landbou of Landbouwetenskap
  • Boer, Plaasbestuurder, Landbouvoorligter, Landbounavorsing, Kunsmis en bemestingsbedryf,
  • Universiteite en by een van 12 Landboukolleges soos Elsenburg op Stellenbosch.
  • Boere: Moet ekonomies boer en so ‘n bydrae lewer tot die ekonomie.

Moet werk skep en instand hou vir sy werknemers

Arbeiders: Lae lone, swak behuising en ander dienste, ens.

  • Eie inisiatief
  • Besluit self.
  • Uitdagings: Om suksesvol te boer.

Negatiewe faktore te oorkom.

Droogtes, oorstromings, ens.

Voordele: Eie baas

Kan finansieel baie lonend wees

Nadele: Baie alleen en afgesonder

Kan gevaarlik wees

Questions & Answers

what is defense mechanism
Chinaza Reply
what is defense mechanisms
Chinaza
I'm interested in biological psychology and cognitive psychology
Tanya Reply
what does preconceived mean
sammie Reply
physiological Psychology
Nwosu Reply
How can I develope my cognitive domain
Amanyire Reply
why is communication effective
Dakolo Reply
Communication is effective because it allows individuals to share ideas, thoughts, and information with others.
effective communication can lead to improved outcomes in various settings, including personal relationships, business environments, and educational settings. By communicating effectively, individuals can negotiate effectively, solve problems collaboratively, and work towards common goals.
it starts up serve and return practice/assessments.it helps find voice talking therapy also assessments through relaxed conversation.
miss
Every time someone flushes a toilet in the apartment building, the person begins to jumb back automatically after hearing the flush, before the water temperature changes. Identify the types of learning, if it is classical conditioning identify the NS, UCS, CS and CR. If it is operant conditioning, identify the type of consequence positive reinforcement, negative reinforcement or punishment
Wekolamo Reply
please i need answer
Wekolamo
because it helps many people around the world to understand how to interact with other people and understand them well, for example at work (job).
Manix Reply
Agreed 👍 There are many parts of our brains and behaviors, we really need to get to know. Blessings for everyone and happy Sunday!
ARC
A child is a member of community not society elucidate ?
JESSY Reply
Isn't practices worldwide, be it psychology, be it science. isn't much just a false belief of control over something the mind cannot truly comprehend?
Simon Reply
compare and contrast skinner's perspective on personality development on freud
namakula Reply
Skinner skipped the whole unconscious phenomenon and rather emphasized on classical conditioning
war
explain how nature and nurture affect the development and later the productivity of an individual.
Amesalu Reply
nature is an hereditary factor while nurture is an environmental factor which constitute an individual personality. so if an individual's parent has a deviant behavior and was also brought up in an deviant environment, observation of the behavior and the inborn trait we make the individual deviant.
Samuel
I am taking this course because I am hoping that I could somehow learn more about my chosen field of interest and due to the fact that being a PsyD really ignites my passion as an individual the more I hope to learn about developing and literally explore the complexity of my critical thinking skills
Zyryn Reply
good👍
Jonathan
and having a good philosophy of the world is like a sandwich and a peanut butter 👍
Jonathan
generally amnesi how long yrs memory loss
Kelu Reply
interpersonal relationships
Abdulfatai Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11054/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask