Raadpleeg die volgende punte en gebruik dit as ‘n basis om die vraag hierbo in jou eie woorde te beantwoord.
Ja:
- Daar is geen twyfel dat geneties verbeterde saad ‘n hoër opbrengs lewer nie. Die Groen Rewolusie het ‘n verskil gemaak – ervaring en statistiek het dit bewys.
- Dit is dus ‘n beproefde manier om vinnig groter hoeveelhede voedsel te produseer.
Maar:
- Dit het geblyk dat die Groen Rewolusie ook nie die ideale strategie vir die beëindiging van ‘n gebrek aan voedsel was nie.
- Meer kos vir dié wat nie het nie, is nie die oplossing nie. Diegene wat honger ly moet in staat gestel word om gereeld kos te kan bekom. Die gekonsentreerde verspreiding van ekonomiese mag (waarby net ‘n sekere deel van die bevolking baat), en veral die beperkte toegang tot grond en koopkrag, moet verander word.
- Die Groen Rewolusie (dus ook tegnologie as sodanig) los nie die probleem van die hoë geboortesyfer op nie.
- Juis in Asië (Indië ingesluit) waar die nuwe saad tot die grootste produksie-suksesse bygedra het, leef tans twee-derdes van die wêreld se mense wat ondervoed is (meer as in Afrika waar die probleem vroeër die grootste was). In Indië sterf 5 000 kinders daagliks weens wanvoeding. ‘n Derde van Indië se 900 miljoen mense is armoedig. Daar is dus ‘n dringende behoefte aan ontwikkeling op verskillende vlakke. Is dit ook in jou eie land die geval? Waar?
- Uit statistieke blyk dit dat die hoeveelheid voedsel wat wêreldwyd per persoon beskikbaar is, van 1970 tot 1990 (die tydperk van die GR) met 11% gestyg het terwyl die getal honger mense van 972 miljoen tot 786 miljoen verminder het. Maar as die syfers van China buite rekening gelaat word, blyk dit dat die getal hongerlydendes van 536 miljoen tot 597 miljoen gestyg het. Die verbetering in China wat die wêreldsyfers so skeef trek, moet waarskynlik eerder toegeskryf word aan die groot veranderinge wat gemaak is om meer mense toegang tot grond te gee.
- Benodig ons tegnologie om hongersnood te verlig?
- Tegnologie-gebaseerde boerdery is duurder, wat veroorsaak dat die winsgrense kleiner word en groter omset dus noodsaaklik is. Dit bring mee dat die kleinboer nie die insetkoste kan bekostig nie en dus nie die nodige omset kan haal nie. ‘n Bose kringloop ontstaan waardeur die kleinboer uit die stelsel verwyder en die landbou deur “superplase” oorgeneem word. Dit vererger die lot van die armes, omdat hulle nie grond het om op te boer, en dus tot ‘n mate in hul eie lewensmiddele kan voorsien nie.
- Tegnologie-gebaseerde boerdery is nie ekologies volhoubaar nie. Die grond verarm en meer en meer byvoegings is nodig.
- Tegnologie-gebaseerde boerdery maak ‘n land afhanklik van die invoer van grondstowwe (kunsmis, gif, ens.). As die land dit nie meer kan bekostig nie of deur handelsanksies geïsoleer word, kan die situasie noodlottig raak, soos wat in Kuba gebeur het. Kuba was ‘n model van tegnologie-gebaseerde boerdery totdat sanksies hulle verhinder het om die nodige grondstowwe te bekom. Dit het die land in die grootste voedselkrisis in die geskiedenis gedompel. Kuba het toe teruggeskakel na meer selfaangewese boerdery en tradisionele boerdery-metodes en die herstel was bewonderenswaardig.
4. Samevatting
Onder watter toestande is groter oeste gedoem tot mislukking, sodat honger nie uitgeskakel word nie?
a) Wanneer plaasgrond soos enige ander goedere gekoop en verkoop word en die samelewing toelaat dat superplase onbeperk landbougrond bymekaar-maak, verdwyn familieplase en die hele samelewing ly daaronder.
b) Wanneer die hoofproduseerders van voedsel (kleinboere en plaaswerkers) nie voldoende mag het om te onderhandel met verskaffers van plaasbenodigdhede en voedselbemarkers het nie, kry hulle ‘n veels te klein beloning uit hul boerdery. Kan julle dit met praktiese voorbeelde toelig?
c) Wanneer ‘n oormaat van tegnologie die toekomstige voedselproduksie vernietig deurdat die grond verswak of pes- en onkruidprobleme ontstaan, raak dit toenemend moeilik om goeie opbrengste te handhaaf. Die boer moet dan meer insit as wat hy uiteindelik uit sy oes verdien. So word hy geleidelik armer en kan hy sy grond en besittings verloor. Ons kry dan agteruitgang in plaas van ontwikkeling.
Assessering
Leeruitkomstes(LUs) |
|
LU 1 |
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en –prosesse te ondersoek. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
|
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.3 gevolgtrekkings oor inligting uit bronne soos foto’s, kaarte, atlasse, grafieke en statistiek ontleed en maak [werk met bronne]; |
1.5 inligting in die veld waarneem en dit opteken [werk met bronne]; |
1.7 verslag doen oor kennis wat tydens die ondersoek verkry is deur ‘n redenasie en interpretasie gegrond op inligtingsbronne te formuleer; gebruik kaarte, diagramme en grafika; gebruik, waar moontlik, rekenaars in die aanbieding [dra die antwoord oor]. |
LU 2 |
AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIP Die leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
2.1 ‘n beredeneerde verduideliking van sommige benaderings tot ontwikkeling verskaf [mense en plekke]; |
- maniere waardeur Wetenskap en Tegnologie ‘n positiewe en negatiewe invloed op ontwikkeling het, identifiseer [mense en hulpbronne];
|
2.3 verduidelik hoe volhoubare ontwikkeling ‘n positiewe uitwerking op mense, plekke en omgewings kan hê [mense en omgewing |
Memorandum
AKTIWITEIT 1:
- Elke tegniek word in die Koringgebied van die SWARTLAND (Malmesbury,
Moorreesburg en Piketberg) toegepas.
- Eie inisiatief
- Landbou of Landbouwetenskap
- Boer, Plaasbestuurder, Landbouvoorligter, Landbounavorsing, Kunsmis en bemestingsbedryf,
- Universiteite en by een van 12 Landboukolleges soos Elsenburg op Stellenbosch.
- Boere: Moet ekonomies boer en so ‘n bydrae lewer tot die ekonomie.
Moet werk skep en instand hou vir sy werknemers
Arbeiders: Lae lone, swak behuising en ander dienste, ens.
- Eie inisiatief
- Besluit self.
- Uitdagings: Om suksesvol te boer.
Negatiewe faktore te oorkom.
Droogtes, oorstromings, ens.
Voordele: Eie baas
Kan finansieel baie lonend wees
Nadele: Baie alleen en afgesonder
Kan gevaarlik wees