Aardrykskunde
Graad 5
Kaartwerk
Module 3
Nuusberigte en 'n kaartindeks
Aktiwiteit 1:
Om aardrykskundige nuusberigte te versamel
[lu 1.1]
Versamel deurentyd aardrykskundige nuusberigte en dui die plek onder bespreking op ‘n wêreldmuurkaart aan.
Kaartindeks van die atlas
- Soms is dit moeilik om ‘n plek op ‘n kaart vind. Kosbare tyd gaan so verlore. Daar is ‘n baie maklike manier om plekke op kaarte te vind, naamlik met behulp van
die kaartindeks.
- Dit is ‘n
alfabetiese lys van plekke wat agterin elke atlas voorkom. Dit bevat al die name in die atlas. Elke inskrywing dui dan die
land of streek aan waar die naam voorkom.
- Daarna verskyn die
bladsynommer van die geskikste kaartvel waarop die naam voorkom – gewoonlik die kaart met die grootste skaal.
- Dan volg die
breedte- en lengteligging. (Dit word in Graad 7 volledig behandel.)
- ‘n Lys van afkortings word ook aangedui aan die einde van die kaartindeks.
- Bekyk die volgende voorbeelde en probeer dit in jou atlas se indeks naslaan:
Dorp |
Land |
Bl |
Breedteligging |
Lengteligging |
Bloemfontein |
RSA |
10 |
27,35 S |
25,48 O |
Dundee |
RSA |
9 |
28,09 S |
31,14 O |
Glenwood |
RSA |
14 |
29,52 S |
31,00 O |
Let op dat bladsynommers van atlas tot atlas kan verskil.
Aktiwiteit 2:
Om 'n indeks te gebruik om plekke te vind
[lu 1.5]
Slaan die atlas-indeksverwysings van die volgende plekke in jou atlas na.
1. Piketberg
2. Hermanus
3. Klerksdorp
4. Richardsbaai
5. Welkom
Assessering
LU 1
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK
Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
- bronne met nuttige aardrykskundige inligting kan kies en gebruik;
- inligting kategoriseer;
- sketskaarte en/of planne na aanleiding van veldwaarnemings en afmetings teken;
- ‘n indeks gebruik om plekke op wêreldatlaskaarte te vind;
- deur projekte, bespreking, debat en diagramme, kennis en begrip van die vraagstuk toon [dra die antwoord oor].