<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
LU/AS 1.10 | ||||
Gebruik die skets as ‘n templaat en plak die bladsy op karton. Trek die vier vinne af op dikker, stewiger karton. Knip dit netjies uit. Vou die stippellyn om en plak die vinne onder om die bottel mooi ewe ver uit mekaar.
LU/AS 1.10 | ||||
Let wel:
Weet jy hoe om hierdie skets van ‘n vin op skaal/in verhouding te vergroot na ‘n vin van ± 20 cm?
Besluit watter tipe rompvin die geskikste is en maak ‘n duidelike vryhandskets van jul keuse
LU/AS 1.8 | ||||
Maak ‘n finale tekening (korrekte grootte en met besonderhede) van ‘n rompvin op ‘n vel papier, wat jul as templaat kan gebruik om op die dik karton of ander geskikte materiaal na te trek.
LU/AS 1.14 | ||||
Maak die romp van die vuurpyl deur die volgende instruksies te volg.
LU/AS 1.14 | ||||
Instruksies
Knip een 2 ℓ bottel by die tweede lyn net onder die plakker middeldeur (Skets 1). Die deel wat die prop op het, gaan die boonste puntgedeelte van jou vuurpyl vorm. Die heel bottel met die opening ondertoe gedraai, vorm die onderste gedeelte van jou vuurpyl. Jy wil ‘n gewig in die boonste deel van jou vuurpyl hê.
Waarom?
Teken ‘n bo-aansig van die plasing van die vinne. Gebruik ‘n gradeboog en sakrekenaar vir die korrekte spasiëring.
LU/AS 1.14 | ||||
Plak nou die vinne vas soos beplan. Nadat die vuurpyl voorlopig voltooi is, is dit nou nodig om die swaartepunt en drukmiddelpunt van jou vuurpyl te vind.
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
Tegnologiese Prosesse en VaardighedeDie leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
Ondersoek :1.3 ondersoek uitvoer deur middel van eenvoudige praktiese toetse met betrekking tot aspekte van die tegnologiese kennisvelde (Strukture, Verwerking, Stelsels en Beheer); |
Ontwerp :1.7 minstens twee alternatiewe oplossings genereer en die idees annoteer; |
1.8 moontlike oplossings kies, sinvolle redes vir keuse gee en ‘n gekose idee deur middel van grafika of modelleringstegnieke ontwikkel; |
Maak :1.10 gepaste gereedskap en materiaal kies en gebruik om produkte deur middel van gepaste tegnieke te maak deur verskillende soorte materiaal akkuraat te meet, uit te merk, te knip/sny of te skei, te vorm of te vervorm, te heg, te las of saam te voeg, en af te rond; |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Tegnologie graad 7' conversation and receive update notifications?