<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Hoe om die swaartepunt van jou vuurpyl te vind
LU/AS 1.14 | ||||
Agtergrond
By die drukmiddelpunt van ’n vuurpyl word die aërodinamiese kragte gesentreer. Die drukmiddelpunt is ook gewoonlik naby die agterkant van die vuurpyl. Die groot oppervlakte van die vinne en die gladde oppervlak van die res van die vuurpyl maak dat dit die posisie is waar die druk weerskante dieselfde is. Om die drukmiddelpunt nader aan die stert van die vuurpyl te kry, word die voorste gedeelte (neus) van die vuurpyl nog meer gepunt gemaak, of die vuurpyl se lyfgedeelte kan langer gemaak word, aangesien dit dan meer aërodinamies is. Deur kleiner vinne aan die voorkant van die vuurpyl te plaas, word die drukmiddelpunt nader aan die voorpunt geskuif.
REËL: Die swaartepunt moet nader aan die voorpunt van die vuurpyl wees as die drukmiddelpunt. Die drukmiddelpunt moet dieselfde afstand of langer as die deursnee van die vuurpyl na die stertkant vanaf die swaartepunt wees. Dit sal veroorsaak dat die vuurpyl reguit vlieg en dat die vuurpyl stabiel is.
LU/AS 1.14 | ||||
LU/AS 1.13 | ||||
Indien jy enige wysigings aan jou vuurpyl wil aanbring om dit meer stabiel te maak, kan jy dit nou doen. Versier nou die bottels en vinne dat dit soos ‘n vuurpyl lyk deur dit byvoorbeeld met ‘n oliebasis verf te verf.
Nou is jy gereed om jou vuurpyl te lanseer.
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
Tegnologiese Prosesse en VaardighedeDie leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
Evalueer :1.12 die produk of stelsel evalueer gebaseer op kriteria wat direk met die ontwerpopdrag en sommige van die spesifikasies en beperkings verband hou, en verbeteringe of wysigings voorstel; |
1.13 die doeltreffendheid van die plan van aksie wat gevolg is evalueer en voorstel hoe toekomstige planne verbeter kan word; |
Kommunikeer :1.14 idees (in ‘n projekportefeulje) deur middel van twee-dimensionele of drie-dimensionele sketse, stroombaan-diagramme of stelseldiagramme wat die meeste van die volgende kenmerke insluit, aanbied:1.14.1 aantekeninge om ontwerpsredenering oor te dra;1.14.2 afmetings;1.14.3 hoeveelhede;1.14.4 versterking van belangrike sketse (bv. kleur, tekstuur, skakering, dik en dun lyne, inskaduwing). |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Tegnologie graad 7' conversation and receive update notifications?