<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Eksperimente
Die drie bydraes moet saam 'n sinvolle geheel vorm.
of
Die plakkaat moet visueel aantreklik wees en dit moet volledig vertel wat gedurende die reis aangebied word.
In hierdie module het julle kennis gemaak met Loeloeraai deur C.J. Langenhoven, en Seuns van die wolke deur August van Oordt.
Daar is nog talle ander boeke in Afrikaans oor wetenskapfiksie. 'n Paar van die titels wat hierna genoem word, behoort in julle dorpsbiblioteek beskikbaar te wees.
Kyk hoeveel van die boeke julle in die hande kan kry en lees hulle vir die genot wat hulle bied, al is die verhale nie noodwendig die werklikheid nie.
Daarna kan ons weer die vraag vra:
Was Mark Shuttleworth werklik die eerste Afrikaan om 'n ruimtereis te onderneem?
Beslis nie in die Afrikaanse letterkunde nie!
LU 3 |
LEES EN KYK Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer. |
Dit is duidelik wanneer die leerder : |
3.1 ‘n verskeidenheid tekssoorte dikwels spontaan vir genot en inligting lees, persoonlike reaksies beskryf en die soort tekste wat hy/sy geniet, bespreek. |
3.2 vir verskillende doeleindes hardop en stil lees deur gepaste leesstrategieë te gebruik (soos vluglees, soeklees, stiplees, voorspellings, kontekstuele leidrade, afleiding); |
LU 4 |
SKRYF Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf. |
Dit is duidelik wanneer die leerder : |
4.1 verskeie verbeeldingstekste skryf: |
4.1.1 gee uitdrukking aan verbeelding, idees en gevoelens oor die self en ander; |
4.1.2 verken die kreatiewe en speelse gebruik van taal en die skryf van verhalende en beskrywende opstelle, dagboekinskrywings, vriendskaplike briewe, gedigte, strokiesverhale, limerieke en liedjies. |
4.2 verskeie feitelike skriftelike en multimodale tekste (tekste met druk en beelde) vir verskeie doeleindes skep deur, waar gepas, visuele beelde en ontwerpe in ooggetuieverslae, plakkate, advertensies, boekresensies, resepte, en instruksies vir speletjies te gebruik. |
LU 5 |
DINK EN REDENEER Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik. |
Dit is duidelik wanneer die leerder : |
5.1 taal gebruik vir dink en redeneer: |
5.1.1 lei betekenis af verduidelik die skrywer se bedoeling deur geskrewe, visuele en mondelinge tekste oor die kurrikulum heen te interpreteer. |
5.1.2 verduidelik oorsaak en gevolg; |
5.1.4 ontwikkel en gee uitdrukking aan ‘n duidelike eie mening; |
5.3 inligting verwerk: |
5.3.4 besin krities deur idees te deel en te vergelyk. |
Opdrag 1
Opdrag 2
Groepbespreking
Opdrag 3
In aansluiting by hierdie opdrag kan die leerders ook gaan naslaan hoeveel ruimtereisigers vroue was, en wat hul name was.
Opdrag 4
Hierdie opdrag is selfverduidelikend.
Opdrag 5
Die module word afgesluit met die opdrag om soveel boeke moontlik, wat bekombaar is oor wetenskapsfiksie, te lees. Die boeke wat hier genoem word, is in die meeste openbare biblioteke beskikbaar.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 7' conversation and receive update notifications?