<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Verskeie onbemande vlugte het gevolg terwyl die Sowjet-Unie se maanprogram geleidelik agter geraak het by die Amerikaners se Apollo-program.

In 1968 is 'n onbemande Sojoes (met 'n paar skilpaaie aan boord) in 'n wentelbaan om die maan geplaas, maar dit was die Amerikaners wat in 1969 die geskiedkundige eerste treë op die maan gegee het.

Die USSR het sy bemande maanprogram geskrap en hom toenemend op langer ruimtevlugte aan boord van ruimtestasies toegespits. Ook hier sou die Sojoes 'n ander rol speel, maar ook hier het 'n Sojoes-vlug tragies geëindig.

In April 1971 is drie bemanningslede aan boord van 'n Sojoes na die nuwe Saljoet-ruimtestasie geneem. Ná 'n geslaagde sending van 24 dae het die Sojoes met sy valskerm op die Steppe geland. Toe reddingspanne die kapsule oopmaak, is hulle begroet deur 'n toneel wat die Sowjet-ruimteprogram tot in sy fondamente geskud het: die drie ruimtevaarders het stip voor hulle gesit en staar, dood in hul sitplekke.

'n Klep het met hul terugkeer na die aarde oopgegaan. Die lug het binne sekondes uit die kapsule ontsnap en die bemanningslede, wat nie ruimtepakke aangehad het nie, is binne sekondes dood.

In 1986 is die Sojoes TM gebou waarin tientalle ruimtevaarders oor die daaropvolgende 15 jaar na die ruimtestasie, Mir, geneem sou word. Dit is aan boord van só 'n Sojoes TM-kapsule wat Shuttleworth op 25 April 2002 vanaf Baikonoer die ruimte in gelanseer is - 35 jaar ná die eerste toetsvlug van dié werkesel van die ruimte-eeu.

Opdrag 3:

Om onvoorbereid ‘n onderhoud te voer

[lu 5.1.4]

  1. Voer in groepe van vier die volgende opdrag uit:
  1. Drie van julle (seuns) is die insittendes van die Soejoes-tuig.

'n Onderhoud word per radio met julle gevoer vanaf die aarde. Die onderhoudvoerder is 'n dame. Sy wil weet hoe dit voel om 'n ruimteman te wees.

  1. Sy wil egter ook weet hoekom een of meer van die bemanningslede (of is dit bevrouingslede?) nie van die teenoorgestelde geslag is nie.

Hierdie opdrag kan met groot pret onvoorbereid aangebied word.

'n dag aan boord van die irs

'n Tipiese dag van Mark Shuttleworth aan boord van die IRS.

Oggend

  • Opstaan
  • Beddegoed wegpak
  • Tande borsel
  • Veiligheidsinspeksie van al die stelsels van die ruimtestasie, vir sowat tien minute
  • Voltooi sy persoonlike higiëne
  • Neem speekselmonsters van homself wat gebruik word vir die CCE-2 eksperiment
  • Ontbyt saam met die bemanning
  • Werk vir sowat twee uur aan die CCE-1-eksperiment

Middag

  • Middagete saam met die bemanning
  • Werk aan Plankton Lensa-eksperiment
  • Daarna volg die ESCD-eksperiment
  • Daarna skryf Mark sy daaglikse verslag ("log")

Aand

  • Voor aandete hou die bemanning 'n beplanningsessie, waar probleme uitgestryk word en die volgende dag se pligte bespreek word.
  • Na aandete beplan die bemanning die volgende dag se kosrantsoen.

Daarna maak hy voorbereidings om te gaan slaap.

Ook elke dag

  • Aflaai van e-pos
  • Fotografie
  • Joernaal-inskrywings
  • Televisie-verslae
  • Ontspanning

Amateurradio-sessies. Wanneer hy met mense op die aarde met die amateurradio gesels, is hy sowat 400 km bokant die aarde en kan die radioseine oor 'n oppervlakte van 2 200 m 2 ontvang word.

Questions & Answers

what is the anterior
Tito Reply
Means front part of the body
Ibrahim
what is anatomy
Ruth Reply
To better understand how the different part of the body works. To understand the physiology of the various structures in the body. To differentiate the systems of the human body .
Roseann Reply
what is hypogelersomia
aliyu Reply
what are the parts of the female reproductive system?
Orji Reply
what is anatomy
Divinefavour Reply
what are the six types of synovial joints and their ligaments
Darlington Reply
draw the six types of synovial joint and their ligaments
Darlington
System of human beings
Katumi Reply
System in humans body
Katumi
Diagram of animals and plants cell
Favour Reply
at what age does development of bone end
Alal Reply
how many bones are in the human upper layers
Daniel Reply
how many bones do we have
Nbeke
bones that form the wrist
Priscilla Reply
yes because it is in the range of neutrophil count
Alexander Reply
because their basic work is to fight against harmful external bodies and they are always present when chematoxin are released in an area in body
Alexander
What is pathology
Samuel Reply
what is pathology
Nbeke
what's pathology
Nbeke
what is anatomy
ESTHER Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11016/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask