<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Hermanus is bekend vir sy pragtige, veilige strande, die strandmeer bekend as Kleinriviersvlei, die Fernkloof Natuurreservaat en die hengelwaters van Walkerbaai.
Verdeel nou die volgende twee woorde in betekenisvolle dele: hengelwaters en natuurreservaat .
Die twee woorde kan egter nog verder in deeltjies, wat ons lettergrepe noem, verdeel word. Om woorde in lettergrepe te verdeel is die eenvoudigste reël om dit stadig uit te spreek. Spreek die volgende woorde stadig uit: Hollander , negentiende , skape en veilige . ‘n Lettergreep moet altyd ‘n klinker bevat. Ken jy nog die klinkers? Wie kan hulle opnoem? Twee klinkers wat saam ‘n klank vorm, noem ons ‘n tweeklank, bv. oei en eeu . ‘n Lettergreep moet dus ‘n klinker of ‘n tweeklank bevat. Is die letter y ‘n klinker, ‘n tweeklank of ‘n medeklinker?
Verduidelik hoekom jy so sê. Hoekom moet ons leer om woorde in lettergrepe te verdeel?
Ontwerp ‘n brosjure i.v.m. ‘n interessante plek (dorp of stad), ‘n interessante natuurtuin of natuurpark in ons land. Die boek, Nasionale Parke van S.A. deur René Gordon, sal jou baie help. Die brosjure moet die volgende inligting bevat: hoe om daar te kom, waar dit geleë is, besienswaardighede, ontspanning, tariewe, waar om vir akkommodasie te bespreek, ens. Julle kan in groepe werk. Hou nou ‘n uitstalling van jul pogings.
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
LUISTERDie leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
1.1 geniet dit om na verskillende soorte mondelinge tekste te luister en reageer krities daarop (soos stories, legendes, gedigte, toneelstukke, debatte en praatjies); |
1.5 luister vir inligting in ‘n verskeidenheid mondelinge tekste (debatte, verduidelikings, verslae, televisiedokumentêre), som hoofgedagtes op en neem kennis van spesifieke besonderhede. |
LU 3 |
LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer. |
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
3.1 lees ‘n verskeidenheid fiksie- en nie-fiksie-tekste vir verskillende doeleindes (soos tydskrifte, gedigte, romans, kort toneelstukke, koerante, handboeke); |
3.1.1 lees hardop en stil en pas leesstrategieë volgens die doel en gehoor aan; |
3.1.2 gebruik gepaste lees- en begripstrategieë (vluglees en soeklees, voorspellings, kontekstuele leidrade, afleidings, die nagaan van begrip, ens.); |
3.2 kyk na en bespreek verskeie visuele en multimedia-tekste (soos foto’s, TV-advertensies, dramas en toneelstukke, en, indien beskikbaar, video’s/films, rekenaarprogramme en CD-ROM’s); |
3.2.1 interpreteer en bespreek die boodskap; |
3.8 verstaan en gebruik informatiewe tekste gepas: |
3.8.1 som hoof- en ondersteunende gedagtes op. |
LU 4 |
SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf. |
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
4.1 skryf verskeie soorte tekste vir verskillende doeleindes en teikengroepe; |
4.1.3 skryf en ontwerp visuele tekste vir verskillende teikengroepe deur taal, byklanke, grafika en ontwerp duidelik en skeppend te gebruik (bv. CD- en boekomslae, TV- en radioadvertensies, nuusbriewe met foto’s; |
4.1.4 toon begrip van styl en register en verander inligting van een formaat na ‘n ander; |
4.1.5 besin oor en evalueer skryf- en skeppende werk; |
4.4 pas kennis van taal op verskeie vlakke toe: |
4.4.1 woordvlak: |
|
4.4.3 paragraafvlak: |
|
|
LU 6 |
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer. |
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
6.1 werk met woorde: |
6.1.2 toon kennis van die kompleksiteit van alfabetiese volgorde waar die orde volgens die tweede letter gegee word; |
6.1.7 herken en gebruik korrekte woordverdelings; |
6.1.12 begryp dat tale woorde by mekaar leen en gebruik nuutskeppinge doeltreffend; |
6.2 werk met sinne: |
6.2.9 gebruik hoofletters en punktuasie korrek: punt, komma, vraagteken, uitroepteken, dubbelpunt, afkappingsteken, aanhalingstekens. |
Aktiwiteit 1 (a)
(i) Die goeie sakeman maak baie geld.
(ii) Die olieskip het om die vuurtoring gevaar.
(iii) Skakel die lig af, want die krag kos duur.
(iv) My nuwe bril maak my ore seer.
(v) Ek gaan die prokureur spreek i.v.m. hierdie saak.
Aktiwiteit 3
(a) Die atmosfeer van die aarde is besig om te verander.
(b) Paragraaf 1: Besoedeling is ‘n groot probleem in die wêreld.
Paragraaf 2: Die atmosfeer ondergaan ‘n verandering a.g.v. besoedeling deur chemikalieë in die vorm van gasse.
Paragraaf 3: Die aarde word oorverhit omdat gasse in die atmosfeer opbou en verhoed dat die son se hitte ontsnap.
Aktiwiteit 4
Paragraaf 4: Kusgebiede sal verdwyn onder die stygende water, en so ook laagliggende lande soos Holland.
Paragraaf 6: Plante op land, veral in die reënwoude, absorbeer ook koolstofdioksied.
Paragraaf 7: Ons moet sorg dat die aarde gesond bly.
Aktiwiteit 5
(b) 7 Mei 2001
Geagte Skoolhoof
Dankie dat u u leerlinge (leerders) aangemoedig het om aan die onlangse Hou-die-Kaap-in-die-Haak Opstelkompetisie deel te neem.
Sommige van die opstelle was baie goed, veral dié van u skool. Dit is vir ons aangenaam om ‘n sertifikaat van verdienste aan Jakob Wiese en Marie Smit toe te ken.
Ingeslote vind die sertifikate. Ons vertrou dat u die sertifikate so spoedig moontlik aan die twee leerlinge sal oorhandig.
Nogmaals baie dankie en ons vertrou dat u ons vereniging steeds in die toekoms sal ondersteun.
Johan Smith
OMGEWINGSRAADGEWER
Aktiwiteit 6
(i) a
(ii) c
(iii) b of d
(iv) b
(v) d
(vi) a (paragraaf twee, vierde sin)
(vii) a
(viii) a
(ix) c
(x) a
Aktiwiteit 7
(a) Dis die name van maande van die jaar.
(b) Wanneer ons items (voorwerpe) opnoem, word hulle met ‘n komma geskei.
(c) Dis die wetenskaplike se direkte woorde.
Dit skei die direkte woorde van die res van die sin.
(e) Die strandwolf is ‘n alleenlopende, sku nagdier. Hy kom deesdae verspreid in die Noordelike Provinsie voor. Op die vergadering van wetenskaplikes het professor Hayes uitgeroep: “Die mens is aandagtig aan die strandwolf se vinnig dalende getalle”.
Aktiwiteit 8 Eie paragrawe
Aktiwiteit 9
(a) strand en meer
hengel en waters
natuur en reservaat
Woorde moet soms opgebreek word aan die einde van ‘n sin wanneer daar nie meer plek op die bladsy is nie.
(b)
Aktiwiteit 10
Eie brosjures
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 6' conversation and receive update notifications?