Voor jy die onderstaande vrae beantwoord, bedek eers die teks. Jy mag nie nou weer lees nie. Omsirkel slegs die korrekte letter by elke stelling.
Die Knysna-papegaai is ook bekend as die
- rooiskouerpapegaai
- rooivlerkpapegaai
- groennekpapegaai
Die Knysna-papegaai word so groot soos
Die voëls maak hul neste
- in gate laag teen die stam
- in gate hoog teen die stam
- in die toppe van bome
- in gate hoog op in dooie takke van bome
Terwyl hul vlieg
- is hul stil
- maak hulle baie geraas
- vlieg hul in ‘n V-formasie
Hulle eet slegs
- die skil van die vrugte wat hul eet
- die saad van die swartwattelboom
- die pitte van die vrugte wat hul eet
- die kern van die pit van die vrugte wat hul eet
Die Knysna-papegaai kom voor
- slegs in die woude van die Oos-Kaap
- slegs in die Knysna-bosse
- in die Knysna-bosse en in die bosse van die Oos-Kaap
As hulle kos vreet,
- is hulle redelik stil
- raas hulle baie
- raas hulle en vlieg in die lug rond met die vrugte wat hulle eet
Hulle word onwettig bekom deur
- volwasse papegaaie in hokke te sit wat as lokvoëls dien
- eiers uit die neste te verwyder
- voëlgom aan die neste te smeer
Hulle kom ver van hul skuilplekke voor, tot so ver as
Die hoofrede vir die afname in hulle getalle is dat
- hul natuurlike woonplek (habitat) verwoes word
- hul deur jagters as ‘n lekkerny gejag word
- hul verkoop nou gewettig is
Aktiwiteit 7:
Om hoofletters en punktuasie reg te gebruik
[lu 6.2.9]
(a) Hoekom word Mei, September en Oktober met
hoofletters gespel?
- Die Knysna-papegaai hou van die saad van die geelhout-, olienhout- en swartwattelboom. Hoekom is daar ‘n komma tussen geelhout en olienhout?
- Die wetenskaplike het gesê: “Die Knysna-papegaai is ‘n bedreigde spesie.” Hoekom is die laaste gedeelte van bostaande sin in aanhalingstekens? Hoekom is daar ‘n dubbelpunt voor die eerste aanhalingsteken?
Let wel dat ons na ‘n dubbelpunt met ‘n kleinletter begin as ons iets opsom. Die Knysna-papegaai se dieet bestaan uit die volgende sade: geelhoutsaad, olienhoutsaad en die sade van die swartwattelboom.
- Wanneer ons iets uitroep of iets met krag wil sê, gebruik ons ‘n uitroepteken soos in die volgende gevalle: Die Knysna-papegaai word bedreig! Red hom!
- Skryf nou die volgende gedeelte i.v.m. die strandwolf oor deur die korrekte leesstekens te gebruik:
Die strandwolf is ‘n alleenlopende sku nagdier. Hy kom deesdae verspreid in limpopo voor. Op die vergadering van wetenskaplikes het professor Hayes met krag uitgeroep die mens is aandadig aan die strandwolf se vinnig-dalende getalle.
Aktiwiteit 8:
Om samehangende paragrawe te skryf
[lu 4.4.3]
Skryf twee paragrawe (ongeveer 120 woorde) oor ‘n bedreigde dier (spesie) in ons land of elders in die wêreld of vertel van die onwettige handel in wilde diere.
Aktiwiteit 9:
Om korrekte woordverdelings te maak
[lu 6.1.7]
Die Suid-Kaaplandse dorp, Hermanus, het sy ontstaan te danke aan ‘n fontein wat ‘n sekere Hermanus Pieters gelok het. Vandag is die dorp ‘n bekende strand- en aftreedorp. Pieters, ‘n Hollander, het vroeg in die negentiende eeu na die Kaap gekom. Hy was ‘n reisende onderwyser wat ook skape aangehou het. Die dorp was voorheen bekend as Hermanuspietersfontein.