<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Armopwarming

 Lig albei arms vertikaal reguit op na die kante en laat sak (herhaal agt keer).

 Lig albei arms vertikaal reguit skouerhoogte op, dan reguit op bo jou kop, terug na skouerhoogte en laat sak jou arms langs jou sye (herhaal agt keer).

 Bolyfopwarming

 Staan met jou voete heupwydte van mekaar af – knieë effens gebuig – hande op heupe – hou heupe na voor – draai bolyf na regs – terug na middel – draai bolyf na links – terug na middel (herhaal agt keer).

 Beenopwarming

 Kyk na voor en tree na regs – voete en liggaam wys nog steeds na voor – tree na links (herhaal agt keer).

 Tree na regs – tel linkerbeen op – buig knie terug – lig voet na boud.

 Tree na links – tel regterbeen op – buig knie terug – lig voet na boud.

 Herhaal agt keer.

 Tree regs – kyk vorentoe – lig linkerknie vorentoe op en sak.

 Tree links – lig regterknie vorentoe op en sak.

 Herhaal agt keer.

 Hou voete van mekaar af – strek (“lunge”) van kant tot kant – hou voete stewig op die vloer – hande op heupe (herhaal agt keer).

 Strek na regs en hou strek vir agt tellings.

 Strek na links en hou strek vir agt tellings.

 Staan met voete heupwydte van mekaar af – knieë gebuig – hande op heupe.

 Lig tone alternatiewelik – hou hakke op die vloer (herhaal agt keer).

 Lig hakke alternatiewelik (herhaal agt keer).

 Loop op die plek vir sestien tellings.

Aktiwiteit 3:

Om die indiese dans te kan waardeer en uitvoer

[lu 4.1]

Vors ‘n Indiese dans na deur prente en inligting oor die dansstyl bymekaar te maak. Indien moontlik kan jy na ‘n Indiese video kyk. Gebruik hierdie inligting om uiteindelik jou dans te choreografeer.

  • Neem kennis van die arm-, kop-, liggaam- en beenbewegings.

Die skep van jou Indiese Dans

 Eksperimenteer met die verskillende armbewegings wat jy teëgekom het gedurende jou navorsing oor die Indiese dans

 Eksperimenteer met verskillende handbewegings

 Eksperimenteer met verskillende heupbewegings

 Eksperimenteer met verskillende rugbewegings

 Eksperimenteer met verskillende skouerbewegings

 Eksperimenteer met verskillende beenbewegings

 Kies arm-, hand-, heup-, rug-, skouer-, en beenbewegings

 Kombineer jou gekose bewegings

 Kies Indiese musiek en voeg die bewegings by die musiek

 Skep jou eie spesiale Indiese dans

Aktiwiteit 4:

Om na afloop van dansaktiwiteite korrek af te koel en te strek

[lu 4.1]

  • Dit is belangrik om die spiere wat gebruik is gedurende die oefening, te strek, anders sal jy “stywe” spiere ervaar.

Kies musiek met ‘n stadige tempo.

 Asemhalingsoefening

 Staan met jou bene heupwydte van mekaar af – arms langs jou sye.

 Asem in deur jou neus – lig jou arms bo jou kop.

 Asem uit deur jou mond – laat sak jou arms en buig jou knieë terselfdertyd.

 Nekstrek

 Lig jou regterarm reguit op, sit jou arm oor jou kop – raak die linkerkant van jou kop.

 Trek jou kop stadig na die regterkant met jou regterhand – laat sak jou linkerskouer.

 Herhaal aan die linkerkant.

 Armstrek

 Neem die regterarm oor jou bors en met die linkerhand trek jou arm stadig na jou bolyf.

 Herhaal met die linkerarm.

Borsstrek : beweeg jou arms reguit agtertoe en vat jou hande vas agter jou rug – maak jou borskas oop – trek jou arms weg van jou lyf.

Rugstrek : beweeg jou arms reguit vorentoe – vat jou hande saam – maak jou skouerbaaie oop – trek jou maag in – buig jou bolyf effens vorentoe – hou jou knieë gebuig – trek jou arms weg van jou lyf – laat sak jou kop.

Hampees- en kuitstrek: sit een voet voor die ander – maak die knie van die voorste been reguit – buig die ander been effens – lig die tone van die voorste reguit been – hou jou hak op die vloer – buig jou bolyf stadig vorentoe – hou jou rug reguit – sit jou hande op jou knieë – hou die strek vir agt tellings.

 Ruil bene om.

Bobeenstrek : staan regop – voete heupwydte van mekaar af – lig een been agtertoe en buig jou knie (hak na boud) – hou ondersteunende been effens gebuig – hou en trek die voet na jou boud met jou hand – lig en maak ander arm reguit vir balans – hou strek vir agt tellings.

 Ruil bene om.

  • skud alle beweegbare liggaamsdele uit
  • herhaal asemhalingsoefening

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 4
UITDRUKKING EN KOMMUNKASIE Die leerder is in staat om te analiseer en ‘n verskeidenheid vorme van kommunikasie en uitdrukking in Kuns en Kultuur te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
MUSIEK (4.3)
  • die doel, funksie en rol van verskillende instrumente wat in inheemse, tradisionele of Westerse vorms van musiek in Suid-Afrika gebruik word, kan ondersoek en verduidelik.
DRAMA (4.2)
  • ‘n voorbeeld van inheemse opvoerings soos lofdigte of volksverhale kan navors en aanbied.
DANS (4.1)
  • die doel en funksie van verskillende vorms van tradisionele, klassieke en inheemse danse beskikbaar in Suid-Afrika en wat nasionale erfenis reflekteer, kan ondersoek en aanbied;
VISUELE KUNS (4.4)
  • die oorsprong, doel en rol van tekens, nasionale of tradisionele simbole, standbeelde, gedenkplekke, liggaamsversiering, kunswerke, drag en argitektuur kan ondersoek en aanbied.

Questions & Answers

what is the anterior
Tito Reply
Means front part of the body
Ibrahim
what is anatomy
Ruth Reply
To better understand how the different part of the body works. To understand the physiology of the various structures in the body. To differentiate the systems of the human body .
Roseann Reply
what is hypogelersomia
aliyu Reply
what are the parts of the female reproductive system?
Orji Reply
what is anatomy
Divinefavour Reply
what are the six types of synovial joints and their ligaments
Darlington Reply
draw the six types of synovial joint and their ligaments
Darlington
System of human beings
Katumi Reply
System in humans body
Katumi
Diagram of animals and plants cell
Favour Reply
at what age does development of bone end
Alal Reply
how many bones are in the human upper layers
Daniel Reply
how many bones do we have
Nbeke
bones that form the wrist
Priscilla Reply
yes because it is in the range of neutrophil count
Alexander Reply
because their basic work is to fight against harmful external bodies and they are always present when chematoxin are released in an area in body
Alexander
What is pathology
Samuel Reply
what is pathology
Nbeke
what's pathology
Nbeke
what is anatomy
ESTHER Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11026/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask