<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
AKTIWITEIT 1
Om geskrewe taal in digvorm te verstaan en te waardeer
LU 1.1 | LU 1.5 | LU 3.1 | LU 3.5 | |||||||||||||||||||
LU 3.6 | ||||||||||||||||||||||
Teks A
Lees Klara Majola deur D J Opperman. Dit verskyn in Engel uit die klip uitgegee deur TAFELBERG.
1. Vertel in een sin wat Klara Majola gedoen het en wat sy oorgekom het.
2. ’n Mens sê darem nie gewoonlik: iemand vergader hout nie, maar veel eerder: iemand maak hout bymekaar. Waarom het die digter dan hier vergader gebruik?
3. Watter woord in strofe 1 berei ons voor dat iets buite ons verwagting gebeur het?
4. Tot dusver (strofe 1) het die verteller twee keer die naam Klara Majola net so gebruik, maar nou, in strofe 2 voeg hy “klein” by. Watter effek bereik hy/probeer hy oordra met dié woord?
5. Wat beteken bros (kapok)? Waarom, dink jy, gebruik die verteller dié woord, en sê hy nie maar net “kapok” nie?
6. Hoewel die gebeure in die Bokkeveld afspeel (die gebied agter Ceres), kry “Bokkeveld” in die gedig ’n ander betekenis ook. [Ons sê die woord roep ’n ander betekenis op]. Wat kan dié woord nog hier beteken?
7. In strofe 2 gebruik die verteller ’n pragtige beeld wanneer hy na Klara verwys. Watter soort beeldspraak gebruik hy?
8. Bespreek die beeld in die laaste twee reëls van strofe 2 en besluit veral oor die volgende:
As ons by so ’n vraag antwoord dat dit werk, sê ons dis ’n GESLAAGDE VERGELYKING (of metafoor, of watter beeldspraak dit ook al is).
9. Lees nou weer die hele gedig en kyk dan spesifiek na strofe 3.
10. Waarna verwys ”koue geweld” hier binne die konteks van die gedig, en spesifiek in hierdie strofe?
11. In strofe 2 gebruik die verteller die woorde “bros kapok”. Waarom verander hy dan nou en gebruik “koue geweld”? (Sê dit meer?)
12. Waar is die verteller nou?
13. Het “Bokkeveld” hier nog dieselfde twee betekenismoontlikhede as in strofe 2? Verduidelik jou antwoord.
14. In die laaste reël kry ons ’n pragtige TEENSTRYDIGHEID/PARADOKS wanneer die verteller sê Klara het “warm . . . verkluim.”
15. Ons kry in hierdie strofe ook ’n woord waarmee die verteller homself teenoor Klara stel. Skryf die woord neer.
16. Die verteller kom tot ’n sekere ontdekking oor homself in die slotstrofe. Skryf dit in een sin neer.
17. Verduidelik nou waarom die verteller die naam “Klara Majola” so baie in die gedig herhaal.
18. Skryf die rymskema van die gedig neer.
19. Wat noem ons dié soort rympatroon?
AKTIWITEIT 2
Om taal in verskillende kontekste met mekaar te vergelyk en begrip te toon vir die onderskeie aanwendings daarvan
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 8' conversation and receive update notifications?