<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
1.Stillees
Het jy al van ‘n VVV gehoor? VVV is die afkorting vir ‘n vreemde vlieënde voorwerp. Hierdie vlieënde voorwerp is nie naastenby soos een van die vervoermiddels wat ons in die vorige leereenheid behandel het nie. Nou wat is dit dan?
NUWE WOORDE | |||||
voorwerp | object | natuurlike verskynsels | natural objects | ||
opspoor | detect | gekskeerdery | hoax | ||
verklaar | explain | oëverblindery | hallucinations | ||
ruimteskip | spaceship | onsin | nonsense | ||
ruimtewese | alien | verregaande | outrageous | ||
wetenskaplike | scientist | ontvoer | abduct | ||
spioeneer | spy |
‘n VVV is ‘n lig of voorwerp in die lug wat nie verklaar kan word nie. Sommige VVV’s word nie met die menslike oog gesien nie, maar word deur radar opgespoor.
Dit is belangrik om te onthou dat meer as 90% van die VVV’s wel geïdentifiseer word. Dis dikwels vliegtuie, satelliete, planete of weerballonne. Wat is die ander 10% dan? Die mees romantiese teorie is dat VVV’s die ruimteskepe van ruimtewesens is wat op die aarde spioeneer. Sommige wetenskaplikes glo egter dat VVV’s in werklikheid natuurverskynsels in die atmosfeer is, byvoorbeeld wolke. Ander glo dis ‘n gekskeerdery of oëverblindery.
Die meeste wetenskaplikes dink VVV’s is onsin, veral die stories oor mense wat sê hulle is deur ruimtewesens ontvoer. Daar is heelwat sulke stories wat verregaande klink. Maar hoe verklaar die wetenskap hierdie raaisel? Dis die eintlike vraag!
Assessering onder leiding van die opvoeder.
10
My totaal uit
LU 3.4.1 |
2. LIDWOORDE
Kyk weer na die leesstuk by no.1. Onderstreep die woorde ‘n en die .
Ons noem ‘n en die lidwoorde. Jy sal agterkom ons gebruik lidwoorde voor naamwoorde. Die lidwoord ‘n word vir een ding gebruik bv. ‘n lig. Die lidwoord die word vir een ding én meer as een ding gebruik: die lig, die ligte. As ons die gebruik, is dit ‘n spesifieke ding of dinge waarvan gepraat word.
Onthou, ‘n word nooit met ‘n hoofletter geskryf nie. As jy ‘n sin met ‘n begin, word die tweede woord met ‘n hoofletter geskryf, bv.
‘n M ens kan dit nie verklaar nie.
Wanneer ons ‘n sin met die begin, word die met ‘n hoofletter geskryf, bv.
Die mens kan dit nie verklaar nie.
Vul ‘n of die by die volgende sinne in:
_______Vliegtuig word dikwels aangemeld as ________VVV, veral in
___________nag wanneer ________ mens net ligte kan sien. _______ligte van
________helikopter kan _________ mens maklik verwar, omdat helikopters in
________lug kan hang.
LU 6.3.5 |
3. BOODSKAPPE
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 7' conversation and receive update notifications?