<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
LU 5.3.3 |
Verklaring van die boodskap:
Hierdie boodskap is ‘n rekenaarboodskap. Dit is in 1974 gestuur aan ‘n groep sterre in die ruimte. Dit bevat inligting oor ons sonnestelsel en bevat ook ‘n voorstelling van die mens. Kan jy die “mens” raaksien? Dit sal egter 24 000 jaar duur voordat hierdie boodskap sy bestemming sal bereik.
Dit klink ‘n bietjie baie lank om te wag vir ‘n moontlike “antwoord” op hierdie boodskap.
Dis nou julle beurt om ‘n boodskap te stuur. Julle boodskappe kan nou nie so ver gestuur word nie! Julle boodskappe moet geskik wees om in ‘n tydkapsule begrawe te word.
Wat is ‘n tydkapsule? Dit is ‘n houer wat voorwerpe en inligting van die huidige tyd bevat en dan begrawe word. Hierdie tydkapsule sal dan hopelik in die verre toekoms opgegrawe word sodat mens kan sien hoe mense in die verlede geleef en gelyk het!
Elkeen van julle moet die volgende voorberei:
Skryf asseblief die volgende. Die datum word eerste geskryf:
LU 4.6.1 |
Ruil nou jou “lewenskets” om met jou maat s’n. Julle gaan mekaar se skryfwerk assesseer.
Vul een van die volgende in by elke kategorie:
ALTYD (alles is korrek); | BAIE GEREELD (enkele foute); |
NIE GEREELD (baie foute, benodig oefening); | SELDE (te veel foute, het hulp nodig) |
Begin sinne en name met hoofletters. | |
Begin sinne en name met hoofletters. | |
Woorde is korrek gespel. | |
Woordorde is korrek. | |
Goeie, verstaanbare Afrikaans. |
Geassesseer deur:
LU 4.6.4 |
Elke leerder kry nou ‘n beurt om die inhoud van sy of haar tydkapsule aan die klas voor te dra.
Assessering deur die opvoeder
LU 2.2.1 |
4. HOOFTYE VAN DIE WERKWOORD
In Module 1 het julle ‘n bietjie hersiening van die Verlede Tyd gedoen. Kom ons kyk weer daarna.
Werkwoorde sê mos wat ons doen.
Ons kan werkwoorde op drie maniere gebruik:
Ons het by no.8 met al drie die tye kennis gemaak:
Ons beskryf in die teenwoordige tyd en iemand sal in die toekomende tyd lees hoe ons in die verlede tyd geleef het.
Verlede tyd (het ge-) | Teenwoordige tyd | Toekomende tyd (sal) |
Ek het gelees. | Ek lees. | Ek sal lees. |
Jy ………………………………… | Jy luister. | Jy ………………………………… |
Die seun ………………………….. | Die seun dans. | Die seun ………………………….. |
Ons ……………………………….. | Ons loop ver. | Ons ……………………………….. |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 7' conversation and receive update notifications?