<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Nuwe woorde: | |||||
hongersnood | - | famine | oorlog | - | war |
tekort | - | shortage | slagvelde | - | battlefields |
siektes | - | diseases | armoede | - | poverty |
droogtes | - | drought | uitvoer | - | export |
vloede | - | floods | vernietig | - | destroy |
verbou | - | grown |
Wat is Hongersnood?
Hongersnood is ‘n ernstige tekort aan voedsel. Daar is miljoene mense in die wêreld wat nie genoeg kos het om te eet nie en daarom kan hul nie gesond bly nie. Hulle word swakker en sterf uiteindelik as gevolg van ondervoeding of siektes.
Daar is drie dinge wat hongersnood veroorsaak. Soms is dit een, twee, of al drie wat tegelykertyd hongersnood veroorsaak. Kom ons kyk na die drie oorsake afsonderlik.
Die weer
Die meeste mense dink droogtes veroorsaak dat gesaaides nie kan groei nie, omdat daar nie reën is nie. Hulle vergeet dat vloede net so skadelik is. Vloede kan gesaaides wegspoel en so vernietig.
Oorlog
Oorlog verander dikwels die boere se plase in slagvelde. Die boere kan nie saai of oes nie, of hulle vlug van hulle plase af om die gevegte te vermy.
Armoede
In die arm lande is kos baie duur. Mense is te arm en het nie geld om die duur kos te koop nie. Dikwels is daar nie kos om te koop nie, want die voedsel wat in dié lande verbou word, word uitgevoer.
Kyk na die kaart. Op hierdie kaart word die wêreld verdeel met die dik streep. Die lande bokant die streep is die lande van die Noorde. Hulle is die ryk lande. Die lande onder die streep is die lande van die Suide. Baie van hierdie lande is arm.
Hoewel daar hongersnood in die lande van die Noorde kan voorkom, is dit in baie van die lande in die Suide waar hongersnood voorkom.
Beantwoord nou die volgende vrae:
Kies die korrekte woorde tussen hakies en skryf hulle neer:
(4 x ½) = 2
(2)
____________verander boere se plase in slagvelde.
Boere kan nie____________of_________ en daarom is daar nie
kos nie. Die ___________ veroorsaak ook dat hulle hulle plase verlaat.
(4 x ½) = 2
(2)
(2)
TOTAAL: 10
Assessering deur opvoeder
LU 3.4.1 |
Julle het nou gelees van voedsel en van kos. Hierdie twee woorde het dieselfde betekenis. ‘n Mens kry in elke taal woorde wat dieselfde beteken. ‘n Mens kan dit ook sinonieme noem.
Soek die woorde in B wat dieselfde betekenis as die woorde in A het en verbind hulle.
A | B |
vader | eensaam |
kos | gesin |
vriend | present |
lorrie | pa |
snaaks | voedsel |
alleen | ma |
praat | gelukkig |
familie | maat |
geskenk | vragmotor |
moeder | gratis |
verniet | gesels |
bly | komies |
LU 6.6.2 |
Hierdie twee kinders ly aan siektes weens ernstige tekorte aan voedsel. Ons noem hierdie siektes dieetafwykings (eating disorders).
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 7' conversation and receive update notifications?