<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
LU/AS 2.1.6 |
LU 4 |
SKRYF Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf. |
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
4.1 skryf verskeie soorte tekste vir verskillende doeleindes en teikengroepe: |
4.1.1 skryf vir persoonlike, ondersoekende, speelse, verbeeldings- en skeppende doeleindes, bv. limerieke); |
4.1.2 skryf informatiewe tekste waarin idees duidelik en logies vir verskillende teikengroepe uitgedruk word (soos kennisgewings, verslae); |
4.1.3 skryf en ontwerp visuele tekste vir verskillende teikengroepe deur taal, byklanke, grafika en ontwerp duidelik en skeppend te gebruik (soos CD- en boekomslae, TV- en radioadvertensies, nuusbriewe met foto’s); |
4.4 pas kennis van taal op verskeie vlakke toe: |
4.4.3 paragraafvlak: |
|
LU 5 |
DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik. |
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
5.1 gebruik taal om te dink en te redeneer; |
5.1.3 ontwikkel ‘n gebalanseerde argument oor ‘n relevante en uitdagende vraagstuk; |
5.1.4 kontraseer teenstellende perspektiewe en gee redes; |
5.3 verwerk inligting; |
5.3.5 verander inligting van een taal na ‘n ander; |
5.4 gebruik taal om skeppend te dink; |
5.4.1 beskryf wat sy/hy visualiseer nadat ‘n teks gelees of gehoor is. |
LU 6 |
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer. |
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
6.1 werk met woorde: |
6.1.4 gebruik skryftekens(kappie, deelteken, koppelteken, afkappingsteken, aksentteken) doeltreffend in alledaagse woorde; |
6.1.6 gaan spelling en betekenis in ‘n woordeboek of tesourus na, |
6.1.9 besef dat talle woorde uit verskillende komponente bestaan; |
6.1.11 verstaan en gebruik gepaste sinonieme, antonieme, homonieme en homofone; |
6.2 werk met sinne: |
6.2.8 verander sinne doeltreffend van die direkte na die indirekte rede, en andersom, met die korrekte gebruik van punktuasie, bywoorde en voornaamwoorde; |
6.2.12 verstaan die funksie en gebruik van adjektiewe: verbuiging. |
Aktiwiteit 2
(a) “Kort nadat my vriend weg is, is ek aangeval.”
(b) “Ek is met ‘n marmerbeeldjie oor die kop geslaan.”
(c) “Ek dink hy het by die brandtrap opgeklim en deur die venster geklim.”
(d) “Ek het ‘n drankie saam met my vriend wat by my gekuier het, geniet.”
(e) “Ek het onvangs geskakel omdat ek nie die polisie se telefoonnommer ken nie.”
(f) “Ek het nie die vaagste idee aan wie die klapmus behoort nie.”
(g) “Sover ek kan agterkom, is dit net my juwelekissie wat weg is.”
(h) “Ja, die juwele is verseker vir een miljoen rand.”
(i) “Hy het vroeër in die aand by my gekuier.”
(j) “Ja, ek wil onmiddellik my regsverteenwoordiger skakel.”
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 6' conversation and receive update notifications?