<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Inleiding
Die ICS modules in Graad 3 moedig leerders aan om wyd te lees, fiksie sowel as nie-fiksie. Daar word baie geleenthede geskep vir leerders om te skryf, woordeskat uit te bou en taal te gebruik. Hierdie vaardighede word onderskryf deur tegnieke en strategieë om bewus te raak van klanke. Woordherkenning en begripsvaardighede word geoefen en nuwe klanke word sistematies aangeleer.
Die leeruitkomstes vir Graad 3 word doeltreffend geïntegreer sodat leerders kan skryf oor dit wat hulle gehoor het, bespreek het en gelees het. Die onderwerpe wat vir die modules gekies is, sal vir die leerders in Graad 3 interessant wees aangesien dit in hulle ervaringsveld val. Ander leerareas soos Wiskunde en Lewensoriëntering word ook dikwels geïntegreer.
Alle aspekte van geletterdheid soos in die leeruitkomstes en assesseringstandaarde vir Graad 3 uiteengesit word is vervat in die 8 modules . Met die vaslegging, konsoldering en toepassing hiervan asook die kritieke en ontwikkelingsuitkomstes sal leerders in staat wees om in hulle huistaal te kan dink en redeneer.
Tydskedule
Daar word voorgestel dat plus-minus twee modules per kwartaal voltooi word. Alle leerders behoort al agt modules deur te werk sodat hulle die nodige onderrig in skrifgeletterdheid en klanke kan ontvang.
Die gedig “Wense” bied aan die leerders die geleentheid om oor hulle wense te praat. Hulle probeer dan om hulle eie gedig te skep en lees dit vir die klas voor.
Op hierdie stadium is kinders baie geïnteresseerd in dinosourusse. Hulle luister eers na ‘n gedeelte wat die opvoeder voorlees, bespreek dit en beantwoord vrae daaroor.
Hulle gebruik ‘n woordeboek om die betekenis van woorde te bepaal.
Hulle besoek die biblioteek om die opdrag oor ‘n projek te voltooi en doen sodoende naslaanwerk. Leeswerk bestaan uit die storie van Blits die dinosourus wat saam met sy maatjie, Steekman verdwyn en by die leerders te voorskyn kom. Leerders verdeel in groepe en bespreek die probleem wat hulle het toe die twee hulle vra om hul huistoe te neem. Die leerders probeer oplossings soek.
Rympies word geskryf om lopende skrif te oefen.
Verkleinwoordjies soos dam – dammetjie; ring – ringetjie en trappe van vergelyking word geleer.
Dit was SO lank gelede …..
nie ‘n honderd nie,
nie ‘n duisend nie,
nie ‘n miljoen nie,
Maar baie, baie miljoene jaar gelede dat daar verskillende soorte dinosourusse op die aarde gelewe het.
Die woord “dinosourus” beteken “verskriklike akkedis”.
Hierdie dinosourusse het op die aarde rondgedwaal op soek na kos.
Sommige van hulle was planteters (herbivore) en ander was vleiseters (karnivore).Die planteters soos die Brontosourus, Diplodokus, Stegosourus en die Triseratops het die blare van varings, bosse en bome geëet. Die vleiseters soos die wreedaardige Tirannosourus Rex het die planteters en hul kleintjies gejag.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 3' conversation and receive update notifications?