<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Inleiding
Die ICS modules in Graad 3 moedig leerders aan om wyd te lees, fiksie sowel as nie-fiksie. Daar word baie geleenthede geskep vir leerders om te skryf, woordeskat uit te bou en taal te gebruik. Hierdie vaardighede word onderskryf deur tegnieke en strategieë om bewus te raak van klanke. Woordherkenning en begripsvaardighede word geoefen en nuwe klanke word sistematies aangeleer.
Die leeruitkomstes vir Graad 3 word doeltreffend geïntegreer sodat leerders kan skryf oor dit wat hulle gehoor het, bespreek het en gelees het. Die onderwerpe wat vir die modules gekies is, sal vir die leerders in Graad 3 interessant wees aangesien dit in hulle ervaringsveld val. Ander leerareas soos Wiskunde en Lewensoriëntering word ook dikwels geïntegreer.
Alle aspekte van geletterdheid soos in die leeruitkomstes en assesseringstandaarde vir Graad 3 uiteengesit word is vervat in die 8 modules . Met die vaslegging, konsoldering en toepassing hiervan asook die kritieke en ontwikkelingsuitkomstes sal leerders in staat wees om in hulle huistaal te kan dink en redeneer.
Tydskedule
Daar word voorgestel dat plus-minus twee modules per kwartaal voltooi word. Alle leerders behoort al agt modules deur te werk sodat hulle die nodige onderrig in skrifgeletterdheid en klanke kan ontvang.
Die gedig “Wense” bied aan die leerders die geleentheid om oor hulle wense te praat. Hulle probeer dan om hulle eie gedig te skep en lees dit vir die klas voor.
Op hierdie stadium is kinders baie geïnteresseerd in dinosourusse. Hulle luister eers na ‘n gedeelte wat die opvoeder voorlees, bespreek dit en beantwoord vrae daaroor.
Hulle gebruik ‘n woordeboek om die betekenis van woorde te bepaal.
Hulle besoek die biblioteek om die opdrag oor ‘n projek te voltooi en doen sodoende naslaanwerk. Leeswerk bestaan uit die storie van Blits die dinosourus wat saam met sy maatjie, Steekman verdwyn en by die leerders te voorskyn kom. Leerders verdeel in groepe en bespreek die probleem wat hulle het toe die twee hulle vra om hul huistoe te neem. Die leerders probeer oplossings soek.
Rympies word geskryf om lopende skrif te oefen.
Verkleinwoordjies soos dam – dammetjie; ring – ringetjie en trappe van vergelyking word geleer.
‘n Groot dam | ‘n Klein dammetjie |
bal balletjie
man ................................................................
sin ..................................................................
tol ..................................................................
stem ................................................................
blom ................................................................
mol ..................................................................
ster ..................................................................
stal ..................................................................
bul ..................................................................
drom ................................................................
LU 3.4 | LU 4.6 |
Doen die volgende projek.
1. Eerste bladsy: Maak ‘n buiteblad vir jou projek. Skryf jou naam daarop. Versier dit.
2. Tweede bladsy: Kies enige drie soorte dinosourusse waaroor jy gelees het. Skryf kort aantekeninge oor elkeen onder die volgende opskrifte:
Hoe het hulle gelyk?
Wat het hulle geëet?
3. Derde bladsy: Maak tekeninge met byskrifte van hierdie drie dinosourusse.
4. Vierde bladsy: Ontwerp ‘n plakkaat om te gebruik as ‘n advertensie vir velroom of tandepasta. Daar moet gebruik gemaak word van ‘n dinosourus in die advertensie.
· Jou produk moet ‘n oorspronklike naam hê.
· Dit moet aantreklik wees sodat almal dit sal wil koop.
· Dit moet kleurvol wees.
· Skryf ‘n kort, relevante slagspreuk daarby.
5. Vyfde bladsy: Skryf ‘n paragraaf en gee jou redes waarom dinosourusse uitgesterf het. Begin so:
“Ek dink …..”
6. Sesde bladsy: Voltooi ‘n bibliografie met die outeurs se name in alfabetiese orde (boeke wat jy gebruik het).
7. Kram die bladsye aan mekaar vas.
8. Gee die voltooide projek volgende week vir jou Juffrou.
LU 1.1 | LU 3.2 | ||
LU 3.5 | LU 4.5 | ||
LU 5.1 | LU 5.4 |
LU 4.1 |
‘n Groot ….. ‘n Klein…..
ring ringetjie
slang..................................................................
gang..................................................................
stang..................................................................
long..................................................................
tong..................................................................
wang..................................................................
string..................................................................
kring..................................................................
tang..................................................................
hings ..................................................................
bul ..................................................................
beer ..................................................................
LU 3.4 | LU 4.6 |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 3' conversation and receive update notifications?