<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
AKTIWITEIT 1:
LU 1.2 | LU 5.5 | |||||||||
1. Noem twee snaakse goed wat die persoon al in die see gesien het.
(2 x ½)
2. Wat is Mark Snyman van beroep?
(1)
3. Wat het hy en sy vriende op die water gedoen?
(1)
4. Wat het hulle aanvanklik gedink sien hulle?
(1)
5. Wat het hulle laat besef dat dit ’n hond is?
(1)
6. Wat was die hond se aanvanklike reaksie?
(1)
7. Hoe het hulle hom tog nader gelok?
(1)
8. Noem EEN moontlike verklaring hoe die hond in die see beland het.
(1)
9. Watter tipe hond is dit?
(1)
10. Hoe gaan Mark keer dat Lucky nie weer amper verdrink nie?
(1)
LU 1.2 | ||||
AKTIWITEIT 2:
LU 1.6 | LU 4.2 | |||||||||
LIEFDE LAAT JOU RICE KRISPIES ANDERS PROE, deur Tania Brink, Lapa, Pretoria 2002. (Sagteband, ISBN 7993 3032 9, R39.95.)
SIMONE DE BEAUVOIR het gesê: “The word ‘love’ has by no means the same sense for both sexes, and this is one of the serious misunderstandings that divide them.”
Dit is seker om dié rede dat ons altyd nuwe liefdesverhale sal kry, want misverstande – veral dié wat om die liefde draai – skep ’n mynveld van potensiële skryftemas. Tog is liefdesverhale wat nie ’n uiteensetting gee van gelyke karakters, deurtrapte liggings of holruggeryde temas nie, taamlik skaars. En as ’n mens aan tieners en die liefde dink, spook soetsappige boeke soos die reeks Sweet Valley high, Soekie word sestien en Somernagdroom by my.
Maar dan is daar Rice Krispies : “Shakespeare was miskien hierdie hengse romantiese skrywer, maar hy was ’n seksis, nes die meeste mans. Hy’t seker heeldag op sy agterent gesit en skryf terwyl ’n vrou vir hom kos maak, sy klere was en sy vuil sokkies agter hom opgetel het.”
Liefde laat jou Rice Krispies anders proe deur die jong Bloemfonteinse skrywer Tania Brink is ’n skoolliefdesverhaal met ’n verskil. Marzanne Odendal is ’n uitgesproke tiener: Sy dink Shakespeare is pateties; die skoolheld, Armand, is verwaand; om verlief te raak is malligheid; en die enigste werk waaroor ’n mens kan opgewonde raak, is die joernalistiek.
Haar vriendin, Nadia, glo die teenoorgestelde en wag in spanning dat die spreek- woordelike ridder haar na die Mei-dans sal vra. Die dansatmosfeer frustreer Marzanne, veral toe anonieme liefdesgedigte per e-pos vir haar gestuur word. Sy vermoed dis die stillerige Wikus, maar dan blyk dit ’n geweldige misverstand te wees.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 9' conversation and receive update notifications?