<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Hierdie is ’n boek wat jou reeds van die pragtige omslag en verbeeldingryke titel. (grammatikale fout, ten spyt) boei. Dit is ’n alternatiewe tienersliefdesverhaal in dieselfde tradisie as Human&Rousseau se Eerste Liefde-reeks. Dit is intelligent geskryf, die karakters lyk aanvanklik stereotiep, maar hou aan om die leser te verras met diepte, humor en die natuurlike tiener-wroegings. Dit is ’n lekkerleesboek, toeganklik vir meisies én seuns, en perfek vir die lang somerdae wat wag.
Uit: By , 16 November. 2002
ONKYKBAAR
Die swakste fliek wat ek nog gesien het, was ’n griller getitel The Babysitter. (Ek en ’n vriend het die video uitgeneem omdat die meisie op die omslag nie vreeslik baie klere aangehad het nie.)
Dit was ’n onkykbare fliek met ’n swak storielyn. Let egter op die verlede tyd. Iemand het besluit die rapper Snoop Dogg en ’n paar van sy vriende behoort ’n fliek te maak. Die resultaat is Tha East Sidaz wat pas op video uitgereik is. The Babysitter het kompetisie.
Snoop Dogg speel die hoofkarakter met die absurde naam Killa Pop. Killa Pop is ’n dwelmhandelaar en bendeleier wat nog net een dwelmtransaksie wil beklink voordat hy ’n goeie, skoon lewe wil lei. Dan beland hy in die tronk, omdat een van sy getroue mede-misdadigers hom verraai het. Natuurlik ontsnap hy uit die tronk om wraak te neem.
Dit is regtig moeilik om enigiets goeds oor Tha East Sidaz te sê. Die storie is verveliger as heruitsendings van Felicia; die meeste woorde in die dialoog begin met die letter f en die oordadige geweld in die fliek is so voorspelbaar dat dit later lagwekkend word.
Die fliek lyk of dit met ’n videokamera geskiet is, en die kamerawerk gaan jou seesiek maak as jy voor die tyd iets
geëet het. Neem dit net uit as uit-die-mode rappers met snaakse vlegseltjies jou amuseer of as jy nog nie leer vloek het nie en ’n gids soek.
jaco jacobs
LU 6.1 | LU 6.2 | |||||||||
1. Maak ’n kort sinnetjie met die homoniem van elk van die vetgedrukte woorde:
1.1 Die boek boei jou.
1.2 Dit lyk stereotiep.
2. Verskaf ’n sinoniem vir elk van die vetgedrukte woorde.
2.1 Daar is baie geykte karakters.
2.2 Dit blyk ’n misverstand te wees.
3. Daar is ’n paar woorde in die teks wat beteken dat iets al vervelig en algemeen geraak het. Kyk of jy VIER kan kry.
3.1
3.2
3.3
3.4
4. Verskaf die meervoudsvorm van die vetgedrukte woord:
4.1 die omslag van die boek
LU 6.1 | ||||
5. Wat is die intensiewe vorm van:
5.1 verlief?
5.2 nuwe?
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 9' conversation and receive update notifications?