<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Sodra die twee kerninhoude of gamete versmelt het, vorm ‘n sigoot en dit is die begin van die nuwe organisme of plantjie.
Die bevrugtingsproses word met die volgende skets voorgestel:
1. Skryf in vyf stappe die proses neer van die oomblik van bestuiwing tot bevrugting:
2. Wat word van die volgende strukture na afloop van bevrugting:
a) vrugbeginsel
b) saadknop
Assessering van Meganisme
Kon jy die meganisme ontleed en in stappe opbreek?
[LU 2.1; 2.2]
Uiteraard is die vorming van sade van die uiterste belang in die voortplantingsproses. Daarmee saam is die proses van saad- en vrugverspreiding eweneens belangrik.
OPSIONEEL/ VIR VERRYKING:
Die onderwyser kan ‘n projek oor bevrugting aan julle gee sodat julle die interessante verloop en meganismes daarvan kan ondersoek.
As alternatief kan julle die video van David Attenborough, The Secret Life of Plants , opspoor en daarna kyk. Verbysterende videomateriaal word getoon.
LU 1
Wetenskaplike Ondersoek
Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Dit word bewys as die leerder:
1.1 ondersoeke beplan;
1.2 ondersoeke uitvoer en data versamel;
1.3 data evalueer en bevindinge kommunikeer.
LU 2
Konstruksie van Wetenskapkennis
Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewings- kennis toe.
Dit word bewys as die leerder:
2.1 betekenisvolle inligting kan oproep;
2.2 inligting kan kategoriseer;
2.3 inligting kan interpreteer;
2.4 kennis kan toepas.
OPDRAG 1
2. Gee funksies van elk van die volgende:
Helmknop: | waar stuifmeel gemaak word |
Helmdraad: | dra die helmknop op die regte posisie |
Stempel: | waar ryp stuifmeelkorrels moet val |
Styl: | verbinding tussen stempel en vrugbeginsel |
Vrugbeginsel: | plek waar saadknoppe vorm |
Saadknop: | sal sade vorm sodra dit bevrug is |
Kroonblaar: | lok insekte a.g.v. kleur |
Kelkblaar: | beskerm blom in knopstadium |
Meeldraad: | helmknop+ helmdraad – manlike deel van blom |
Stamper: | stempel + styl + vrugbeginsel – vroulike deel van blom |
Blomsteel: | dra die blom in regte posisie |
3. Angiosperme
4. Nee, net dié wat deur insekte bestuif moet word
5. Nee, net dié wat insekte moet lok
6. Voortplanting van die spesie – bevrugting van die saadknoppe
AKTIWITEIT 2:
OPDRAG 1
Bestuiwing
Bestuiwing is die proses waardeur ‘n ryp stuifmeelkorrel moet land op ‘n ryp stempel van dieselfde soort plant
OPDRAG 2:
Bevrugting is die samesmelting van die spesiale kerninhoude (gamete) van ‘n stuifmeelkorrel en ‘n saadknop
Die kerninhoud waarna verwys word, is ‘n spesiale molekule met ‘n kode of “plan” van hoe die nuwe plant moet lyk. Ons noem dit die chromatiennetwerk en dit bestaan uit die molekule wat bekend is as DNA. Jy sal later leer waarvoor dit presies staan.
Sodra die twee kerninhoude of gamete versmelt het, vorm ‘n sigoot en dit is die begin van die nuwe organisme of plantjie.
OPDRAG 3
Ontwerp jou eie blom na aanleiding van die volgende leidrade:
Eie memo
Aktiwiteit 3:
OPDRAG 1
Ryp stuifmeelkorrel val op ontvanklike stempel |
Ontkieming: groei met stuifmeelbuis in styl af |
Gaan vrugbeginsel deur poortjie binne |
Gaan deur vrugsak na saadknop |
Twee manlike gamete in stuifmeelbuis word vrygelaat |
Een versmelt met saadknop se vroulike gameet |
BEVRUGTING het plaasgevind – sigoot vorm |
Sigoot ontwikkel in embrio binne-in saad |
Vrugbeginsel raak vrugwand vir saadverspreidingsdoeleindes |
Vrugbeginsel: word vrug |
Saadknop: word saad |
Stamper: droog op en verval – kyk maar na onderkant van bv appel |
Sigoot: word embrio |
OPSIONEEL/ VIR VERRYKING
Die onderwyser kan ‘n projek hieroor aan julle gee waartydens julle die interessante manier en meganismes kan ondersoek.
Alternatiewelik kan julle die video van David Attenborough “The Secret life of Plants” opspoor en daarna kyk. Verbysterende videomateriaal word getoon.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?