<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
STAP 1
As eerste stap in jou beplanning moet jy eers na die volgende aspekte kyk:
Letterwerk of tipografie is baie belangrik wanneer iets geadverteer moet word. Jy gaan dus eers ‘n alfabet ontwerp en teken. Al die letters van die alfabet moet hoofletters wees. Kies enige dier wat eie aan Suid-Afrika is, soos ‘n volstruis of leeu, en gebruik dan daardie dier vir die ontwerp van die hele alfabet. Sien die illustrasie as voorbeeld.
Die voltooide alfabet moet vir die belangrikste bewoording op die plakkaat gebruik word.
STAP 3
Laastens kan die advertensie-plakkaat ontwerp en gemaak word deur STAPPE 1 en 2 te kombineer. Gebruik ook van die versamelde beeldmateriaal (STAP 1) as inspirasie vir die ontwerp.
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
skepping, interpretasie en aanbiedingDie leerder is in staat om werk in elk van die kunsvorme te skep, te interpreteer en aan te bied. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
DANS |
1.1 deelneem aan die choreografie en aanbieding van ‘n kort dans vir ‘n opvoering of kulturele gebeurtenis;1.2 ter voorbereiding van die liggaam, ‘n stel opwarmings- en vaardigheidsopbouende bewegingsreekse akkuraat doen, insluitende liggaamskondisionering en danstegnieke in ‘n bepaalde styl;1.3 gekoördineerd, musikaal, met gehalte, styl, balans en beheer oor ruimte heen in bewegingsreekse beweeg;1.4 werk leer en opvoer, met gepaste styl en bewegingsgehalte, wat deur ander gechoreografeer is uit minstens twee kulture – wat mag insluit: |
1.4.1 klassiek / tradisioneel (uit Afrika, Oosters of Westers); |
1.4.2 kontemporêr; |
1.5 ‘n dans skep, met ‘n duidelike begin, middel en einde, waarin passies of style van meer as een Suid-Afrikaanse dansvorm saamsmelt; |
DRAMA |
1.6 ‘n eenvoudige opwarmingsroetine met die klas uitvoer;1.7 deelneem aan ‘n aspek van die beplanning, organisasie, reklame, fondsinsameling of produksie van ‘n dramatiese item wat ‘n gehoor sal hê; |
MUSIEK |
1.9 die stem en beskikbare slag- of melodiese instrumente gebruik 1.10 ‘n musiekuitvoering organiseer en bemark ten opsigte van die beplanning, reklame, fondsinsameling en produksie daarvan; |
VISUELE KUNS |
1.14 kuns, handwerk of ontwerpstukke skep wat: |
1.14.1 idees of begrippe in ‘n visuele vorm weergee; |
1.14.2 demonstreer dat die elemente en beginsels van ontwerp met selfvertroue gebruik word; |
1.15 ‘n entrepreneursbewustheid van die bemarking van kunsprodukte in terme van die teikenmark, verpakking, plek, prys, reklame, klanteverhoudings en ‘n bewustheid van toerisme ontwikkel; |
1.17 eie en groep se kunswerke (insluitend tekens, etikette en byskrifte) vir ‘n openbare aanbieding selekteer, aanbied en monteer. |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 9' conversation and receive update notifications?