<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
13. Verduidelik watter bydrae die inspringende reëls tot die geheel van die gedig lewer.
Assessering
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 LUISTER |
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ’n wye verskeidenheid situasies te reageer. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit word bewys as die leerder: |
1.1 na uitdagende verbeeldings- en informatiewe mondelinge tekste luister en dit waardeer; |
1.2 aandagtig luister vir spesifieke inligting en kerngedagtes en gepas reageer; |
1.3 verstaan hoe bekende mondelinge tekste gestruktureer is en die kenmerkende eienskappe daarvan beskryf; |
1.5 die spreker se redes vir die keuse van spesifieke woorde, frases en sinne identifiseer om die luisteraar te beïnvloed en die impak daarvan verduidelik; |
1.6 verskillende taalvariëteite, soos verskillende aksente en dialekte, herken en aanvaar en die taal van verskillende groepe bespreek. |
LU 2 PRAAT |
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ’n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer. |
Dit word bewys as die leerder: |
2.1 idees en gevoelens op ’n kreatiewe en ekspressiewe manier met ’n groot mate van selfvertroue en met beperkte ondersteuning oordra deur ’n verskeidenheid mondelinge tekssoorte te gebruik; |
2.2 idees, feite en menings oor uitdagende onderwerpe duidelik en akkuraat en met groter samehang oordra deur ’n verskeidenheid feitelike, mondelinge tekssoorte te gebruik; |
2.3 basiese praatvaardighede in ’n verskeidenheid tekssoorte toon; |
2.4 ’n verskeidenheid basiese interaksievaardighede toon deur aktief aan groepbesprekings, gesprekke, debatte en ondersoeke deel te neem; |
2.5 mondelinge aanbiedings met redelike akkuraatheid en kreatiwiteit doen. |
LU 3 LEES EN KYK |
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer. |
Dit word bewys as die leerder: |
3.1 ’n wye verskeidenheid tekssoorte spontaan en dikwels vir genot en inligting lees en persoonlike reaksie op die tekssoorte bespreek; |
3.2 lees hardop en stil vir verskillende doeleindes deur gepaste leesstrategieë te gebruik; |
3.3 die doel, teikengroepe en konteks van tekste bespreek; |
3.4 begrip van informatiewe tekste toon; |
3.5 verduidelik hoe die hoofkenmerke en struktuur van verskillende tekssoorte tot die funksie daarvan bydra; |
3.6 toon begrip van ’n teks, die doel daarvan en hoe dit met eie leefwêreld skakel deur die intrige, temas, waardes, karakters en ruimte/agtergrond te bespreek; |
3.8 krities op tekste reageer. |
LU 4 SKRYF |
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ’n wye verskeidenheid doeleindes te skryf. |
Dit word bewys as die leerder: |
4.1 ’n verskeidenheid verbeeldingstekste skryf; |
4.2 ’n verskeidenheid feitelike skriftelike en multimodale tekste lewer; |
4.3 basiese vaardighede in spesifieke skryf-tegnieke gepas vir ’n tekssoort toon; |
4.4 die skryfproses saam met ander en individueel gebruik om tekste te skep. |
LU 5 DINK EN REDENEER |
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik. |
Dit word bewys as die leerder: |
5.1 taal vir dink en redeneer gebruik; |
5.2 taal gebruik om te ondersoek; |
5.3 inligting verwerk; |
5.4 kreatief dink; |
5.5 taal gebruik om te besin. |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 8' conversation and receive update notifications?