<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Moeras-snorkelswemmers beoefen egter juis hul sport deur in slikkerige, slymerige modderwater te swem – hoe viesliker en walgliker, hoe beter.

Moerassnorkel behels presies wat die naam aandui: om met ’n snorkel en duikbril deur ’n moeras of vlei te swem. Dié ongewone sport word slegs op een plek ter wêreld beoefen, op die platteland van Wallis naby die dorpie Llanwrtyd Wells. Dáár is ’n moeras met die naam Waen Rhydd Bog, waar moerassnorkelswemmers van oor die hele wêreld jaarliks bymekaarkom om aan die Wêreld-moerassnorkelkompetisie deel te neem.

Om deur dié moerassige water te swem is al daarmee vergelyk om deur molasse of vleissous te swem. En die organiseerders van moeras-snorkelswem sê hieroor: “We like it to be as smelly, slimy and unappealing as possible.”

Deelnemers kom jaarliks van oral in die wêreld om mee te ding . Verlede jaar het 93 mense deelgeneem. Dit sal vanjaar die agtiende wêreldkompetisie vir dié buitengewone sport wees.

Verkort en effens aangepas uit ’n berig in die Bylae by Die Burger, 8 April 2003.

Vir meer inligting oor hierdie “sport”, besoek (External Link)

1. Beantwoord die volgende vrae in volsinne:

1.1 Wat is die onderwerp van hierdie berig?

1.2 Vir wie, dink jy, is dit geskryf, m.a.w. wie is die teikengroep ?

1.3 Dink jy dit is ook vir die groter leserspubliek (m.a.w. vir baie verskillende soorte mense) interessant? Gee ’n goeie rede vir jou antwoord.

1.4 Vind jy dit interessant?

1.5 Wat was jou eerste reaksie op hierdie berig?

2. Ons ontleed die teks:

2.1 Watter tekssoort is dit? (M.a.w. is dit ’n gedig / ’n kortverhaal / ’n brief, ens?)

2.2 Kyk na die opskrif. Dit bestaan eintlik uit twee dele. Skryf hulle hier neer:

2.3 Hoekom is daar twee opskrifte? Wat is elkeen se funksie?

2.4 “ S norkel deur s lik en s lym”: Wat noem ’n mens ’n herhaling van ’n klank aan die begin van woorde wat na-aan mekaar staan? Dit kom baie in poësie voor.

2.5 Hierdie klanke word herhaal in “slikkerige, slymerige” asook in die woorde “smelly and slimy”. Watter effek het dit?

2.6 Soek ten minste vyf adjektiewe wat die grillerigheid van die water beklemtoon, en skryf hulle neer.

2.7 Skryf een adjektief uit die eerste paragraaf van die stuk neer wat die teenoorgestelde betekenis oordra, m.a.w. nie vuil nie. (Moenie “skoon” kies nie.)

2.8 Soek die antoniem van die woord wat jy in 7 neergeskryf het. Jy sal dit ook in die eerste paragraaf kry. Skryf dit neer.

Nota : ’n Mens noem die opskrif bo ’n koerantberig die kop . Die kop is ’n baie belangrike element van die berig, want dit moet die leser se aandag trek en die leser interesseer.

2.9 Is die opskrif bo die illustrasie in Aktiwiteit 4 effektief? Gee twee redes vir jou antwoord. Die een het met ’n idiomatiese uitdrukking in Afrikaans te doen.

2.10 Wat is molasse, en hoekom pas die woord so goed hier in?

  • KAN JY NOU SIEN WATTER TEGNIEKE DIE SKRYWER AANWEND OM DIE LESER SE AANDAG TE KRY EN TE BEHOU?
LU 3.5 LU 6.2

Aktiwiteit 4

Om te skryf om inligting oor te dra

  • Verbeel jou dat jy ’n verslaggewer by ’n koerant is, en dat die redakteur vir jou opdrag gegee het om op die vooraand van die Twee Oseane-marathon met ’n paar deelnemers te gesels sodat jy ’n berig kan skryf.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11059/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask