<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
1.7 Omkring die selfstandige naamwoord wat daardeur bepaal word.
1.8 Vergelyk dit met sin 1.1 hierbo. Wat merk jy op?
1.9 Voltooi die volgende sin deur die trappe van vergelyking van jonk in te vul:
1.10 Wat merk jy op omtrent die spelling van die adjektiewe in 1.9?
2. Alledaagse voorsetsels
2.1 Omkring vyf voorsetsels in die leesstukke hierbo.
2.2 Vergelyk die voorsetsels wat jy omkring het, met dié van een van jou klasmaats en kyk of jy saamstem met wat hy/sy gedoen het.
2.3 Maak vyf sinne van jou eie waarin jy voorsetsels gebruik.
LU 6.2 | ||||
Aktiwiteit 2
Om vir inligting te lees
1. Lees die volgende berig oor ’n buitengewone sportman en som die inligting puntsgewys (maar in volsinne en in jou eie woorde so ver moontlik) op. Daar moet ongeveer agt punte wees. Onthou, opsom beteken nie oorskryf nie.
Kaapse dokter hardloop marathon in Noordpool | |
Dr Hans van Heerden (49) van Constantia, ’n tandheelkundige chirurg, neem gereeld aan marathonwedlope in die uiterste omstandighede deel. Hy gaan binnekort saam met tien ander marathongeesdriftiges by die Geografiese Noordpool aan ’n uitmergelende wedloop in gure weer van tot -50°C deelneem. Om die afgeleë terrein te bereik, moet die deelnemers van Spitsbergen-eiland, 1 400 km noord van Noorweë, met ’n Russiese vliegtuig nog 600 seemyl noord oor die Arktiese yssee vlieg.Die ontsettende koue kan lewensgevaarlik wees, maar spesiale voorsorgmaatreëls word getref om die deelnemers te beskerm. | Dr Van Heerden is ’n gesoute marathonatleet met ’n voorliefde vir avontuur. Sy eerste “ongewone” marathon was in 1999 in Antartika toe hy 42 km op ys gehardloop het. In 2000 tydens ’n wedloop by die berg Everest, het hy en sy mede-wedlopers ’n hoogte van 6 400 m bereik. Hier het hy vriesbrand aan sy regtervoet opgedoen. “Ek het nog nie gevoel in dié tone nie,” sê hy. Van Heerden het verlede jaar die 14de plek (van 100 deelnemers) in ’n wedloop in Noord-Mongolië behaal.Hy spesialiseer egter nie in buitelandse wedlope nie. Hy het reeds verskeie plaaslike wedlope soos die Comrades en die Twee Oseane suksesvol voltooi.Op ’n vraag oor hoe voornemende deelnemers hulle vir só ’n wedloop voorberei, sê hy; “Daar is geen plaasvervanging vir fiksheid nie en ’n mens moet doelgerig wees.”Hy beoog om volgende jaar aan die groot wedloop in die Gobi-woestyn in China deel te neem. Aangepas uit Die Burger, 8 April 2003 |
Aktiwiteit 3
Om mediatekste krities te ontleed
Snorkel deur slik en slym
Die meeste mense verkies die water waarin hulle swem so kristalhelder soos dié van ’n chloor-advertensie. Skoon, amper onsigbaar. As die water effens troebel of groen word, moet dit eers gedokter word voordat daarin afgekoel word. Die meer avontuurlustiges waag bietjie meer, maar trek gewoonlik self die streep by bruinerige rivier- en damwater.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 9' conversation and receive update notifications?