<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Graffiti
Vandat die mens kan “skryf”, het hy op mure geskryf. Daar is geen ander vorm van skryfkuns en tekenkuns wat so oud en bekend is soos graffiti nie. Die oudste vorm is die rotstekeninge wat in grotte ontdek is.
In die tyd van die Romeine het die stadsvaders afbeeldings van gode op toiletmure aangebring, omdat die Romeine so graag op die mure geskryf en geteken het.
In die jare sestig van die vorige eeu het graffiti veral in Amerika gewild begin word en in die jare sewentig wêreldwyd kop uitgesteek.
Die gewildste metodes is om met viltpenne te skryf en met spuitverfkannetjies te spuit. Net in Amerika kos dit jaarliks R77 miljard om graffiti-mure skoon te maak.
ANTWOORDE | |
Die mens skryf al duisende jare op mure. | |
Die oudste vorm van graffiti is rotstekeninge. | |
Rotstekeninge word slegs in grotte gekry. | |
Die Romeinse stadsvaders het gode op toiletmure geverf. | |
Romeine het slegs op toiletmure geskryf en geteken. | |
Graffiti het in die jare sestig in Amerika gewild begin word. | |
Graffiti word net in Amerika gesien. | |
Mense gebruik graag viltpenne en spuitverfkannetjies vir graffiti. | |
Dit kos verskriklik baie geld om graffiti skoon te maak. | |
Daar is graffiti in ons eie stad of dorp. |
Selfassessering onder leiding van opvoeder. | Totaal uit | 10 |
[LU 3.7.2]
Hier is ‘n paar voorbeelde van “graffiti”
Een van die gewildste plekke vir graffiti is skoolbanke, óf, as daar nie banke is nie, tafels. Ander gewilde plekke by die skool is die kleedkamermure of die fietshokke. Kyk na die volgende voorbeeld:
Daar was te min belangstelling. Dus is die dag van môre gekanselleer!Roovetsretga is agterstevoor geskryf.
Moet liefs nie probeer om ander se voorbeeld te volg nie. Mense wat
Moet liefs nie probeer om ander se voorbeeld te volg nie. Mense wat omgee, skryf nie op mure of hokkies by bushaltes nie! Skryf liewers jou eie graffiti op ‘n A4-vel papier. Jy kan saam met ‘n maat werk, of alleen. Jy kan graffiti óf skryf óf teken. Dit moet verkieslik met die skoollewe te doen hê.
Wat dink jou maat(s) van jou graffiti?
My graffiti is geassesseer deur: _
Die volgende woorde/frases kan vir assessering gebruik word:
Puik
Baie goed
Goed
Redelik (ruimte vir verbetering)
Swak (moet verbeter)
Leesbaarheid: (is dit duidelik genoeg?)
Spelling van woorde:
Hoe treffend is dit?
Wat is die algemene indruk?
[LU 4.2.1]
VOORNAAMWOORDE
ONTHOU!
‘n Mens sê ek wanneer jy van jouself praat.
Jonathan sê: “Ek is jammer.”
‘n Mens sê jy wanneer jy met iemand anders praat:
Margaret praat met Jonathan en sê: “Waarom gooi jy nie die papier weg nie?”
‘n Mens sê hy wanneer jy van ‘n seun praat:
Thando praat van William en sê: “Hy tel nooit papiere op nie.”
‘n Mens sê sy wanneer jy van ‘n meisie praat:
Doreen praat van Lucy en sê: “Sy gooi altyd haar leë blikkies weg.”
‘n Mens sê ons in plaas van ek en ander mense:
Sandra sê vir haar maats: “Ons gaan hulle ’n les leer.”
‘n Mens sê “Julle in plaas van jy en ander mense:
Sizwe sê vir sy maats: “Julle het my baie gehelp.”
‘n Mens sê hulle in plaas van hy of sy en ander mense:
Nomsa sê vir haar ma: “Hulle het my gehelp om al die rommel op te tel.”
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 5' conversation and receive update notifications?