<< Chapter < Page Chapter >> Page >

3.5 Daar loop die mense ......................... ons die groot geskenk ontvang het.

Aktiwiteit 3:

Om bekende woorde korrek te spel

LU 6.1

1 . Ons gaan kyk hoe sekere woorde gespel word. Die woorde kom uit die teks in Aktiwiteit  1.

steil: ‘n Bult is steilIemand het steil hare (nie krullerig nie).

sowaar : Mandy kan sowaar al motor bestuur!

vieruur : Dit is nou vieruur in die middag.

Daar is woorde wat net soos hierdie klink, maar anders gespel word en ook ‘n ander betekenis het. (Hulle word homofone genoem.)

  • Gebruik jou woordeboek of ander hulpmiddel om uit te vind hoe die volgende woorde in sinne gebruik kan word. Maak dan ‘n kort sinnetjie met die woord/woorde en onderstreep die woord(e).

1.1 styl

1.2 so waar

1.3 vier uur

2 . Ons kyk nou na die manier waarop sekere woorde gespel word. Dit is baie belangrik dat jy weet hoe die woord uitgespreek word. Maak seker dat jy dit reg uitspreek. (Vra jou onderwyser.)

Die vrou het oor die Suidpool geski.

As jy die woord “ski” uitspreek, hoor jy dat die “i” ‘n langerige “ie”-klank is. Dis anders as die “i” in “dit”. Daarom moet ons versigtig wees as ons sekere vorme van die woord skryf. As mense dit lees, moet hulle weet hoe om dit uit te spreek.

So lyk die naamwoord: ski (Byvoorbeeld: My een ski is stukkend.)

In die meervoud skryf ons: ski’s . (Byvoorbeeld: Ek het twee ski’s.)

  • Ander woorde wat ook in die meervoud ‘n ‘s kry, is die volgende:

ma – ma’spa – pa’salibi – alibi’skano – kano’s

(a, i en o in hierdie woorde is lang vokale en moet beklemtoon word. Jou onderwyser kan nog voorbeelde gee.)

3 . Kyk of jy die meervoude van die volgende woorde reg kan spel:

3.1 baba

3.2 foto

3.3 video

3.4 Israeli

3.5 ouma

Spreek die woorde (veral die meervoudsvorme) uit.

4 . Sommige woorde bestaan net uit een lettergreep, bv. “pa”, maar baie woorde is langer en bestaan uit twee of meer lettergrepe. bv. :”gewone”.

‘n Mens kan wys hoe die woord in lettergrepe opgebreek kan word, bv.: ge/wo/ne.

  • Dui aan hoe jy die volgende woorde sou opbreek:

gevare dodelike liggame swaargelaaide rugsak

5 . Maak seker dat jy weet hoe om die volgende woorde te spel:

Interesseerinteressantnuuskieriguitdagingliggaam

  • Skryf hulle in jou persoonlike woordeboek. Maak ook seker jy weet wat hulle beteken.

OM AF TE SLUIT, SOMMER IETS VAN ALLES:

1 . Verwys weer na die teks in Aktiwiteit 1. Ken jy die antwoorde?

  • Waarom spreek ek die vrou aan as “u” en nie “jy” nie?
  • Wat beteken dit om ‘n gevaar te trotseer?
  • Wat beteken dit as ‘n mens sê jy moet iemand nooit op sy baadjie takseer nie?
  • Wat is die Engelse uitdrukking hiervoor?
  • Kan jy die name van die sewe kontinente opnoem?

2 . Hier is die name van ‘n paar boeke wat julle in die hande kan probeer kry vir eie leeswerk:

  • Dit is splinternuwe jeugboeke. Daar volg ook elke keer ‘n kort kommentaar oor die boek (effens gewysig aangehaal uit Die Burger ).

Die mooiste Afrikaanse sprokies , uitgesoek en oorvertel deur Pieter W. Grobbelaar met illustrasies deur Séan Verster (uitgewers Human&Rousseau)

“Ek het van die stories gehou. Dit het my laat lag. Ek wou nie ophou lees nie…Die prente is ook baie mooi.” – Monique Lahout van Bellville

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11059/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask