<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
As ek nie my trui aangetrek het nie, sou ek koud gekry het. Indien jy my help, sal ek vir jou ‘n fliekkaartjie koop.
1.1 As my ma my toelaat,
1.2 As die skool vroeg uitkom,
1.3 Indien ek betyds klaarkry,
1.4 Indien Blokkies Joubert die Springbokspan haal,
1.5 As almal hulle werk voltooi het,
2 . Nou kyk ons na voornaamwoorde.
Thami verjaar more. Dan word sy vyftien. Ek en jy moet later winkel toe gaan om vir haar ‘n geskenk te koop.
Hierdie woorde word PERSOONLIKE VOORNAAMWOORDE genoem. Hulle kan in die plek staan van ‘n persoon se naam. ‘n Mens kon bv. gesê het:
Dan word Thami vyftien. Sue en Sammy moet later winkel toe gaan om vir Thami ‘n geskenk te koop.
Ekjy hy /sy/dit (“Dit” word bv. gebruik as jy van ‘n dier praat.)onsjullehulle
2.1 Janice het ‘n prys gewen, want ......................... het die vinnigste gehardloop.
2.2 Al die kinders het na die Wimpy gegaan omdat ......................... na Pat se verjaardagpartytjie genooi was.
2.3 James en Sue, sal .................................................. asseblief saam met my stap?
2.4 Het jy Pam se nuwe klein katjie gesien? ......................... is die mooiste ou dingetjie wat ek nog ooit gesien het!
2.5 John se rugsak is baie swaar, want ......................... dra al sy boeke saam.
3 . Nou kyk ons hoe lyk BETREKLIKE VOORNAAMWOORDE. Kyk eers na ‘n paar voorbeelde. Die voornaamwoord (vnw.) is vetgedruk . Let op dat dit soms uit twee woorde kan bestaan. Ons sê die betreklike voornaamwoord HET BETREKKING OP ‘n sekere naamwoord (s.nw.) of persoonlike voornaamwoord (pers. nw.).
Dit is die motor waarin ek gery het. (vnw. = waarin)Die meisie in wie ek belangstel, hou ook van my. (vnw. = in wie)Weet jy dis ‘n stukkende stoel waarop jy sit? (vnw. = waarop)My onderwyser is ‘n mens op wie jy kan staatmaak. (vnw. = op wie)Hierdie is die besem waarmee ek die huis uitvee. (vnw. = waarmee)
Dit is nogal belangrik om te weet na watter s.nw. die betreklike vnw. verwys, want as dit ‘n mens is, sê ons altyd van wie, met wie, by wie, na wie, ensovoorts. Ons gebruik nooit vir mense vnw. soos waarin, waarmee, waarby, waarna nie. Dis net vir dinge (voorwerpe).
3.1 Die huis ......................... ons woon behoort aan my ouma.
3.2 Ek is baie lief vir die mense ......................... ek in die klas is.
3.3 In die winter is die kombers ......................... ek slaap nie dik genoeg om my warm te hou nie.
3.4 ‘n Termometer is iets ......................... ‘n mens jou koors meet as jy siek voel.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 9' conversation and receive update notifications?