<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Onthou, die kliënt koop nie net ‘n produk / diens nie. Die verhouding met die kliënt is deel van die diens / produk. Baie entrepreneurs faal as dit by hierdie aspek van die besigheid kom.

Die kliënt wil belangrik voel. ‘n Betroubare kliënt kan besigheid se grootste bate word. Dus moet daar voortdurend gekonsentreer word op dit wat die kliënte gelukkig hou.

  • Gaan die produk ‘n unieke en treffende naam en voorkoms hê?

Die beste manier om die sukses van ‘n besigheid te verseker, is om dit duidelik te laat uitstaan. Dit moet nie net nog ‘n produk wees nie. Dit moet uitstaan tussen die massas met ‘n unieke en treffende naam en logo. Probeer om die teikengroep te tref en probeer iets bied wat die kompetisie nog nie bied nie.

Voorbeeld:

Peter verdien ‘n goeie inkomste deur die grasperke van die huiseienaars in sy onmiddellike omgewing te versorg. Hy onderskei homself van die ander soortgelyke besighede deur die kliënte self te laat bepaal wanneer hulle gras meer/ minder aandag nodig het. Dan gaan hy verder deur nie net die gras en rande te sny nie, maar ook volgens behoefte die gras te voed met bemesting en dan die natmaak- en snyskedule by die groeitempo van die gras aan te pas. Peter gebruik voorts ‘n roller-grasmasjien wat net die beste eindproduk lewer. Hy noem homself “Die grasperkkenner wat ‘n saak het met gras” en maak dit sy werk om alles van alle verskillende soorte gras te weet. Hy sal ook die eienaars van raad bedien, indien daar grasperke of dele daarvan is wat as gevolg van ‘n mikroklimaat nie goed op sekere plekke in die tuin aard nie. Voorts kan hy daarop roem dat sy tuine/grasperke voorwaar die mooiste in die omgewing is.

  • Wie is die kliënte/verbruikers?

Die kliënte is die belangrikste deel van die besigheid. Sonder hulle is daar nie ‘n besigheid nie. Dit is dus belangrik om uit te vind wie die kliënte is lank voordat daar met die besigheid begin word.

Dink nou aan persone wat as moontlike kliënte beskou kan word en beantwoord die volgende vrae:

  • Kan die voorgenome kliënte werklik die produk/diens bekostig?
  • Noem drie ander nabygeleë entrepreneurs/besighede wat ‘n soortgelyke diens/produk lewer:
  • Waarom sal die kliënt verkies om nie by hulle te koop nie?
  • Hoe gaan die moontlike kopers van die besigheid bewus raak?
LU 4.2
  • Watter kompetisie is daar?

Elke besigheid het te doen met baie verskillende mededingers. Hierdie situasie van die een wat voortdurend kompetisie vir die ander een is, skep eintlik geleenthede vir die kreatiewe entrepreneur. Hy/sy moet die foute/swak punte van sy/haar mededingers soek en dit tot sy/haar voordeel gebruik.

Mededingers is nie slegs daardie besighede wat dieselfde diens/produk lewer nie, maar ook ander besighede wat ander produkte/dienste lewer. So byvoorbeeld moet die een ruitwasonderneming nie net bedreig voel deur ‘n ander soortgelyke onderneming nie, maar ook deur fabrikate van ruitskoonmaakmiddels wat byvoorbeeld nie meer blinkvryf benodig nie, maar slegs aangewend en afgewas hoef te word.

Onthou, die verbruiker is nie altyd op soek na laer pryse nie. Daar is ook ander faktore soos netheid, toeganklikheid, goeie bemarking en persoonlike diens wat vir die verbruiker aantreklik is.

Opdrag

  • Sal die produk / diens gekoop word?

Bestudeer die volgende vraelys en gebruik dit as riglyn om te help om op ‘n werkbare onderneming te besluit.

  1. Wat is die naam van die onderneming?
  1. Wat is die produk/diens?
  1. Hoekom wil jy dit bemark/verkoop?
  1. Wie is die kliënte?
  1. Hoe spreek die produk / diens die kliënte se behoeftes aan?
  1. Watter areas gaan bedien word?
  1. Wie is die mededingers?
  1. Hoekom sal mense die onderneming bó dié van die mededingers verkies?
  1. Waar is die perseel?
  1. Wat is die positiewe eienskappe van die perseel?
  1. Wat is die swakpunte van die ligging?
  1. Hoekom is op daardie perseel besluit?
  1. Wat is die beoogde prys van die produk / diens?
  1. Hoe gaan die diens / produk aan die gemeenskap bekendgestel word?
  1. Hoe verskil die pryse van dié van die mededingers?
  1. Hoekom verskil die pryse van dié van die mededingers?
  1. Watter media gaan gebruik word om die onderneming aanvanklik bekend te stel?
  1. Watter boodskap behoort aan die kliënte oorgedra te word?
  1. Is die produk seisoengebonde?
  1. Indien JA, wat gaan buite seisoen gedoen word?
  1. Is daar spesifieke regulasies i.v.m. die produk wat nagekom moet word?
  1. Hoe voel jou gesinslede oor jou planne?

LU 4.2 LU 4.5

Assessering

LU 4
ENTREPRENEURSKENNIS EN -VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om entrepreneurskennis, -vaardighede en -houdings te ontwikkel.
Ons weet dit as die leerder die volgende doen :
4.2 identifiseer ‘n verskeidenheid moontlike sakegeleenthede in die gemeenskap (skoolkoöperasies, sport, vermaak, toerisme);
4.3 ontwerp ‘n reklameveldtog as promosie vir ‘n produk wat winsgewend sal wees;
4.4 ontwikkel en implementeer ‘n eenvoudige sakeplan vir ‘n handels- of diensonderneming wat van die huis of die skool bedryf kan word;
4.5 beskryf hoe die vier elemente van die bemarkingsamestelling in ‘n eenvoudige sakeaktiwiteit gekombineer word.

Questions & Answers

what is the anterior
Tito Reply
Means front part of the body
Ibrahim
what is anatomy
Ruth Reply
To better understand how the different part of the body works. To understand the physiology of the various structures in the body. To differentiate the systems of the human body .
Roseann Reply
what is hypogelersomia
aliyu Reply
what are the parts of the female reproductive system?
Orji Reply
what is anatomy
Divinefavour Reply
what are the six types of synovial joints and their ligaments
Darlington Reply
draw the six types of synovial joint and their ligaments
Darlington
System of human beings
Katumi Reply
System in humans body
Katumi
Diagram of animals and plants cell
Favour Reply
at what age does development of bone end
Alal Reply
how many bones are in the human upper layers
Daniel Reply
how many bones do we have
Nbeke
bones that form the wrist
Priscilla Reply
yes because it is in the range of neutrophil count
Alexander Reply
because their basic work is to fight against harmful external bodies and they are always present when chematoxin are released in an area in body
Alexander
What is pathology
Samuel Reply
what is pathology
Nbeke
what's pathology
Nbeke
what is anatomy
ESTHER Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 6. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11012/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask